‘Asseblief, Mr Ref, check die skrums!’

Pieter de Villiers (Foto: news.bbc.co.uk)

Pieter de Villiers (Foto: news.bbc.co.uk)

Peter de Villiers, die Bokke se skrumafrigter, het `n pleidooi oor hierdie aspek van die spel tot al die blasers gerig. Intussen het François Louw `n operasie vir sy nekprobleem ondergaan.

De Villiers glo die letter van die wet word nie altyd gevolg oor die manier waarop skrums sak nie en dat dit tot nadeel van sterk skrumspanne is.

Sommige spanne verkies om op te stel met skouers wat mekaar raak, ander verkies oor-teen-oor, soos die reël voorskryf, sê hy.

Die Bokke het in Salta in Argentinië vier strafskoppe op eie skrums afgestaan.

“Ons het twee jaar lank goed geskrum en die probleme teen die Poemas maak nie van ons slegte skrummers nie. Ons het weer na die basiese dinge teruggekeer, soos ons hoogte wanneer ons bind.

“Om die skrums te blaas, was nog altyd moeilik, selfs met die reëlveranderings. Daar is te veel goed om dop te hou en een man kan nie alles doen nie. Ons probeer hard om binne die reëls te skrum. Hoe meer ons die voorry oorheers, hoe makliker maak ons dit vir die skeidsregter makliker. Maar as jyself oorheers word, dwing dit jou tot foute.”

Nigel Owens van Wallis blaas in Saterdag se toets op Nuweland.

François Louw is Saterdag geopereer vir `n beskadigde senuwee in sy nek en behoort gereed te wees vir die jaareindtoer waarop die Bokke vier toetse speel. Daar is ook hoop dat Ruan Pienaar se beseerde knie betyds sal genees.

Willem Alberts is ook geopereer vir `n knypende senuwee in sy rug en kan dalk ook gereed wees vir die toetse teen Engeland, Ierland, Italië en Wallis.

Wat Saterdag se toets betref, word daar wyd en syd bespiegel dat Oupa Mohoje die enigste verandering in die opdrafspan sal wees, hoewel Heyneke Meyer ook Schalk Burger en Warren Whiteley tot sy beskikking het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henk ·

Wil de Villiers nou tekenne gee dat SA skrums die sterk en oorheersende skrums is? Dit klink vir my eerder na ‘n desperate geskree na hulp deur de Villiers! Die meerderheid van die SA spanne se skrums is UITERS swak en beroerd. Ons stutte het nie die vermoee om reg te bind en reguit vorentoe te skrum nie. Selfs op ons eie skrums stoot ons loskopstutte in en nie reguit vorentoe nie. Vandaar die ewige strafskoppe teen ons spanne.
En daar is twee redes vir die skrum probleem. Eerstens, ons stutte word deur afrigters geleer om so te skrum en tweedens ons stutte is te swak om met krag uit hulle heupe direk vorentoe te skrum.
Dalk moet ons rugbyspelers minder aanvullings gebruik en harder oefen. dit behoort die een probleem op te los.
En dan moet afrigters, veral die sogenaamde “senior” afrigters blitsvinnig leer hoe om stutte te leer om reg te skrum. Daar is geen voordeel daarin vir ‘n stut om in te skrum nie. Inteendeel dit is die grootste rede tot ernstige beserings en skrums wat ewig inmekaar tuimel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.