Assupol: Impala, NWU Vaal behaal grootste sukses

assupolRustenburg Impala (Luiperds), die internasionale Goue Bekerkampioen, en NWU Vaal (Valke) het die grootste sukses in die eerste ronde van die Noorderbonde se Assupolreeks behaal.

In albei gevalle is al drie dié twee klubs se deelnemende spanne boaan die punteleer in hul bepaalde subgroep in Groep A.

Die nuwe klub Quins-Bobbies-rugby, wat uit Harlequins en Pretoria Polisie ontstaan het, se eerste en tweede span loop in hul subgroepe voor.

Wat Groep B betref, is albei Northam Rhinos en die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) se deelnemende spanne die voorlopers in hul subgroepe.

Die reeks word deur die Blou Bulle-rugbyunie geadministreer.

Opgesomde punteleer –

Groep A

A1
Eerste spanne: Brakpan 5, Centurion 4, East Rand United 1, Tukkies 0.
Tweede spanne: Centurion 5, ERU 4, Tukkies 2, Brakpan 1.
Onder 21-spanne: Tukkies 5, ERU 5, Brakpan 0, Centurion 0.

A2
Eerste spanne: Impala 4, Boksburg 0, Dragons 0.
Tweede spanne: Impala 5, Dragons 0, Boksburg 0.
Onder 21-spanne: Impala 4, Dragons 1, Boksburg 0.

A3
Eerste spanne: QBR 5, UJ 5, Pietersburg Noordelikes 0, Springs 0.
Tweede spanne: QBR 5, UJ 5, Noordelikes 0, Springs 0.
Onder 21-spanne: UJ 5, QBR 5, Springs 0, Noordelikes 0.

A4
Eerste spanne: NWU Vaal 4, Roodepoort 1, Naka Bulle 0.
Tweede spanne: NWU Vaal 4, Naka Bulle 0, Roodepoort 0.
Onder 21-spanne: NWU Vaal 4, Roodepoort 1, Naka Bulle 0.

Groep B

B1
Eerste spanne: Northam 5, Ferro’s 0, Tuine 0.
Tweede spanne: Northam 5, Ferro’s 0, Tuine 0.

B2
Eerste spanne: Potgietersrus 5, Wits 0, Cullinan 0.
Tweede spanne: Cullinan 5, Wits 0, Potgietersrus 0.

B3
Eerste spanne: Middelburg 5, Korrektiewe Dienste 1, Silver Valke 0.
Tweede spanne: Korrektiewe Dienste 4, Middelburg 1, Silver Valke 0.

B4
Eerste spanne: TUT 5, Lonmin 0, Noordelikes (Pretoria) 0.
Tweede spanne: TUT 4, Noordelikes 1, Lonmin 0.

Groep C

C1
Eerste spanne: Bronkhorstspruit 5, Edenvale 2, Kwaggas (Warmbad) 2, Meyerton 0.

C2
Eerste spanne: Hartbeespoort 5, Elsburg 4, Atteridgeville 1, Mogol 0.

C3
Eerste spanne: Tswaing 5, Oos-Rand Polisie 4, Vanderbijlpark 1, Westelikes 0.

C4
Eerste spanne: Transnetparke 5, Eersterust 5, Soshanguve 0, Mamelodi 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.