Assupolreeks: nog `n harde neut wag op Impala

uj logoNog `n harde neut om te kraak, wag Saterdag op Rustenburg Impala in die Noorderbonde se Assupolreeks nadat hy verlede week gelykop teen Pretoria Polisie gespeel het.

Die naaswenner van verlede jaar se reeks om die Gemeenskapsbeker kom in Rustenburg teen die Universiteit van Johannesburg in die enigste wedstryd in Afdeling A1 te staan. UJ is die houer van die Goue Leeus se Pirates-grootuitdaagbeker.

In Afdeling A2 speel Tuine op sy tuisveld teen die Naka Bulle; en verlede jaar se Carlton-kwartfinalis Harlequins is die gasheer vir Dragons, `n nuweling in die Blou Bulle se Carltonreeks.

t Die eerste wedstryde in die B-afdeling vind ook plaas.

Die NWU Pukke speel op Potchefstroom teen Northam, die Limpopo Blou Bulle se kampioen; Letaba speel op Tzaneen teen Lonmin, die Luiperds se Neserbeker A-kampioen; en Pietersburg Noordelikes speel in Polokwane teen die Tshwane Universiteit vir Tegnologie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.