Assupolreeks: voorlopers in A1 pak mekaar

dragonsDie voorlopers in Afdeling A1 van die Noorderbonde se Assupolreeks bots Saterdag trompop in die derde ronde van dié reeks wat deur die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) geadministreer word.

Rustenburg Impala (Luiperds), die voorloper en naaswenner van verlede jaar se reeks om die Gemeenskasbeker, lê in Pretoria-Noord by Dragons (Blou Bulle) besoek af.

Dragons, wat tot die Blou Bulle se Carltonliga bevorder is nadat hy verlede jaar die bond se Eerste Liga gewen het, het Harlequins verlede week verrassend 27-16 geklop.

In die ander wedstryd in dié afdeling speel die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Ratels (Goue Leeus), wat verlede week die knie voor Impala moes buig, op sy tuisveld teen Pretoria Polisie (Blou Bulle), die Plaatwenner verlede jaar in die oop klubs se nasionale reeks.

UJ se tweede, derde, o.21- en o.20-span loop ook voor in hul onderafdelings, en veral die derdespan- en die o.20-wedstryd, waar Polisie tweede lê kan Saterdag deurslaggewend wees.

tuine-grizzlies-logo♦ In Afdeling A2 speel die agterosse, die Tukkies se Fezelas en Tuine (albei Blou Bulle) op eersgenoemde se veld teen mekaar.

Die kollig val veral op die o.20-wedstryd waar Tuine die voorloper en die Tukkies tweede is.

Die Naka Bulle loop tans in die afdeling voor, met die verdedigende Assupol-kampioen, Centurion, tweede. Albei is van die Blou Bulle.

♦ In Afdeling B1 speel die voorloper, Northam (Limpopo Blou Bulle), tuis teen die agteros Wits (Goue Leeus); in Afdeling B2 meet nommer twee, Letaba (Limpopo Blou Bulle), op Witbank kragte teen Ferros (Pumas) wat sy eerste wedstryd speel; en in Afdeling B3 speel Middelburg (Pumas) tuis sy eerste wedstryd teen die agteros, die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT).

Opgesomde punteleer –

Afdeling A1

Eerste spanne: Impala 7, Dragons 5, UJ 5, Polisie 2, Harlequins 0.

Tweede spanne: UJ 9, Dragons 5, Impala 4, Polisie 1, Harlequins 1.

Derde spanne: UJ 9, Polisie 5, Dragons 5, Harlequins 1, Impala 1.

Onder 21-spanne: UJ 9, Dragons 5, Polisie 5, Impala 2, Harlequins 0.

Onder 20-spanne: UJ 10, Polisie 5, Harlequins 5, Dragons 2, Impala 0.

Afdeling A2

Eerste spanne: Naka Bulle 6, Centurion 5, Tukkies 4, Tuine 0.

Tweede spanne: Centurion 5, Naka Bulle 5, Tukkies 4, Tuine 0.

Derde spanne: Centurion 5, Naka Bulle 5, Tukkies 4, Tuine 0.

Onder 21-spanne: Tuine 6, Tukkies 4, Naka Bulle 4, Centurion 0.

Onder 20-spanne: Tuine 5, Centurion 4, Naka Bulle 4, Tukkies 1.

Afdeling B1

Eerste spanne: Northam 5, Pukke 2, Wits 0 (nog nie gespeel nie).

Tweede spanne: Pukke 5, Wits 0 (nog nie gespeel nie), Northam 0.

Onder 21-spanne: Pukke 5, Wits 0 (nog nie gespeel nie), Northam 0.

Afdeling B2

Eerste spanne: Lonmin 4, Letaba 1, Ferros 0 (nog nie gespeel nie)

Tweede spanne: Letaba 4, Ferros 0 (nog nie gespeel nie), Lonmin 0.

Onder 21-spanne: Letaba 2, Lonmin 2, Ferros 0 (nog nie gespeel nie).

Afdeling B3

Eerste spanne: Noordelikes 5, Middelburg 0 (nog nie gespeel nie)

Tweede spanne: Noordelikes 5, Middelburg 0 (nog nie gespeel nie), TUT 0.

Onder 21-spanne: TUT 5, Middelburg 0 (nog nie gespeel nie), Noordelikes 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.