Die Blitsbokke het vir hulle vyfde uit vyf halfeindstryde in die huidige sewesreeks van Wêreldrugby gekwalifiseer toe hulle Australië vroeg Sondagoggend (SA tyd) in die Las Vegastoernooi geklop het.
Die Blitsbokke het groot geskrik en eers teen die einde die Aussies finaal ondergekry.Die telling was 17-14 teen ʼn span wat in die eerste vier toernooie van die reeks nog nie veel kon uitrig nie.
Suid-Afrika se wenpunte is eers sowat ʼn minuut voor die einde aangeteken toe Rosco Specman gaan druk het na ʼn strafskop en ʼn lopie langs die kantlyn af.
Die Blitsbokke het kort na rustyd, toe die telling 7-elk was, die voortou geneem na ʼn drie deur Siviwe Soyizwapi wat deur ʼn gaping is. Na nege minute se speeltyd was die Blitsbokke toe met 12-7 voor nadat Branco du Preez verdoel het, maar met minder as drie minute se speeltyd oor het die Aussies gaan druk en verdoel (14-12) voordat Specman die wenpunte aangeteken het.
Die Blitsbokke se drie in die eerste helfte is deur Ruan Nel gedruk.
♦ Die Blitsbokke sal in die halfeind teen die VSA te staan kom wat kort na rustyd met 0-19 teen Argentinië agtergeloop het voordat hulle drie verdoelde drieë ingeryg het om met 21-19 te wen.
In die ander twee kwarteindwedstryde het die All Blacks Engeland met 19-0 geklop en Fidji was te sterk vir Kanada en het met 31-12 gewen.
♦ Suid-Afrika se halfeind teen die VSA is Sondagaand 23:44. Die eindstryd is Maandagoggend 03:00.
Mooi so en doe zo voort. Goeie nuus is altyd welkom.