Aussies laat Sharks rooi in die gesig

Sibusiso Nkosi in aksie. (Foto: Facebook)

Twee weke gelede was die Sharks op die kruin van die golf. Hulle het pas die Lions op hul tuisveld verrinneweer en dinge het goed in die Haaitenk gelyk.

Druk nou die versnelknoppie na Goeie Vrydag (vanmiddag) en dinge lyk minder rooskleurig in Durban.

Die Reds het pas vir die Sharks se tweede agtereenvolgende tuisnederlaag gesorg, toe hulle met 21-14 gewen het. Die vorige naweek het die Jaguares ’n wegholoorwinning van 51-17 behaal.

Vanmiddag het Bryce Hegarty ’n verspot maklike drie gedruk om die Reds se telbord aan die rol te kry: ’n Duikslag is bloot gemis, as ons eerlik moet wees.

Nou, ʼn mens kan nie sê dat die tuisspan net gehênsop het nie, maar dat hulle minder goed gespeel het, is ’n feit.

Teen die 55ste minuut het hulle reeds 14 hanteerfoute gemaak om vir die Reds hopeloos te veel geleenthede te bied.

Daniel du Preez het laat in die wedstryd ’n troosdrie gedruk, maar die span sal beslis hul sokkies moet optrek indien hulle kompeterend teen die Waratahs, Crusaders en Chiefs wil wees.

Hulle het saam met die Lions 22 punte op die Suid-Afrikaanse punteleer.

  • Puntemakers:

Sharks: Drieë: Kerron van Vuuren, Daniel du Preez. Doelskoppe: Robert du Preez, Curwin Bosch.

Reds: Drieë: Bryce Hearty, Chris Feauai-Sautia, Tate McDermott. Doelskoppe: Hegarty (2), Hamish Stewart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter du plessis ·

Rugby in SA het ook gesneuwel ,daar is n duidelike gees onder stoere rugby ondersteuners van ons gee nie om of ons kyk nie meer rugby.

sweis ·

Ek weet nie van een van my vriende of familie wat nog geintreseer is in rugby nie en nou met die boikot teen multichoice het regte afrikaners nie meer Dstv nie.

Siestog! ·

Stem ek kyk net deesdae om te sien hoe goed NZ die werfbokke want to beez trap! Nz kan speel en ek lag lekker vir daai kwotas wat probeer maar die spel plaas waar hy tans is in Suid Afrika….power…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.