Aussies sê Steyn is een van die beste Superspan-aanwinste

Morné Steyn. Argieffoto.

Australië se gesaghebbende Foxsports.com het hul beste kopies vir die komende Superrugby-reeks gekies.

En so tussen die Barrets, O’ Connors en ander sterre staan Morné Steyn se naam in vet letters gedruk.

Die 35-jarige voormalige Springboklosskakel is juis die naweek op die Bulls se plaasvervangersbank ingesluit vir hul opwarmingswedstryd teen Tukkies in Pretoria. Hoewel Manie Libbok in die beginvyftiental vir die einste wedstryd is, het Steyn al ’n hele paar keer gesê dat hy die no. 10-trui sy eie in die Superrugbyreeks wil maak.

Wat die Aussie-pers oor Steyn te sê het:

“Steyn val beslis in die legende-kategorie en hy was daar toe die Bulls hul titels in 2007, 2009 en 2010 gewen het.

Die veteraan, met sy 1 431 Superrugby-punte, sal sy bes doen om Dan Carter se rekord van 1 708 punte verby te steek.  Hy sal weliswaar met nie te veel wintie-bewegings vorendag kom nie, maar sy ervaring en sy skopvermoë sal van onskatbare waarde vir ’n jong Bulls-span wees.”

  • Van die ander spelers wat die lys gehaal het:

Die All Blacks se Beauden Barrett. (Foto: Natacha Pisarenko/AP)

Beauden Barrett (Auckland Blues):

Volgens Fox Sports is dit geen verrassing dat Barrett bo-aan die lys vir beste kopies is nie. Die uiters talentvolle Kiwi is al twee keer Wêreldrugby se speler van die jaar en hy sal ’n sleutelrol vir die Blues vertolk.

Hoewel die Auckland-span een van die All Blacks se groot voedingsbronne is, kon hulle laas in 2003 met die Supertitel weggestap het.

Hy sal egter eers in April by die Blues aansluit.

James O’ Connor (Reds):

Die opwindende O’Connor het die Reds in 2015 verlaat om sy loopbaan in Europa voort te sit. Hy is egter terug in Queensland en sal een van die Aussie-span se belangrike skakels wees, veral omdat Samu Kerevi die span verlaat het.

Aaron Cruden. Foto: Facebook.

Aaron Cruden (Chiefs):

Die 30-jarige Cruden het die All Blacks se no. 10-trui tydens die eindstryd van die 2011 Wêreldbeker-rugbytoernooi gedra en 50 toetse vir die Kiwi’s gespeel.

Hy het egter met sy fiksheid by Montpellier gesukkel en die vinnige pas van Nieu-Seelandse rugby behoort hom beter te pas.

  • Ander spelers wat die lys gehaal het: Frank Lomani (Reds), Henry Speight (Reds), Ben Te’o (Sunwolves), Solomone Kata (Brumbies), Tyrel Lomax (Hurricanes) en Tepai Moeroa (Waratahs).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

Een kommentaar

Hanna ·

Welkom terug oups!Nou sal ek weer begin rugby kyk ek is so bly jy kan ons weer laat uitsien na Saterdae!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.