Australasiese wedstryde het nie veel om die lyf

super-rugby-2016-trophyVrydagoggend is daar net twee Superwedstryde in Australasië, en nie een van hulle maak ʼn mens opgewonde nie – selfs in ag genome dat die Crusaders steeds ʼn opwindende span is om na te kyk.

Hulle kom eerste aan die beurt wanneer hulle tuis teen die Force van Perth speel. Dit is so dat die Force, wat vanjaar deur Dave Wessels afgerig word, tot dusver beter vertoon het as wat ʼn mens sou voorspel het.

Daar was vir die Force ʼn amper-wen teen die Waratahs, ʼn oorwinning teen die Reds, en ʼn neerlaag van agt punte teen die Brumbies wat tuis die Sharks hokgeslaan is. En die Reds het tuis teen die Sharks gewen.

Als goed en wel, maar nou is dit nie te moeilik om uit te werk dat die Reds en die Waratahs nie ʼn werklike maatstaf is nie.

Die Reds het – weliswaar op toer – ʼn groot pak slae teen die Lions op die lyf geloop het en die Waratahs is op hulle toer na Suid-Afrika ook deur die Lions en die Sharks gekarnuffel. Nou is hulle boonop sonder hulle kaptein James Slipper en AQuade Cooper – twee van hulle bestes.

Selfs die loslootjie wat die Force verlede naweek geniet het, sal hulle nie veel in Christchurch teen die Crusaders help nie.

Nie dat die Crusaders onoorwinlik is nie. Hulle het drie keer na groot agterstande ontsnap om die wa hier teen die einde van die wedstryde deur die drif te trek. Goed, hulle speel lekker rugby, maar oortuig (nog?) nie heeltemal nie.

Die Reds, met net twee punte verskil (22-20), die Highlanders, die Brumbies en die Blues is egter nou op die Crusaders se wenlysie – en hoewel ʼn mens hulle nie daarvolgens regtig kan beoordeel nie, behoort Saders Vrydag redelik maklik met die jong Force-span klaar te speel.

♦ Die Rebels het na drie wedstryde nog net drie drieë gedruk en het 22 afgestaan. Hulle het reeds ʼn negatiewe punteverskil van 116, dus ʼn gemiddelde neerlaag van 39 punte per wedstryd, en is die enigste van die 18 spanne wat nog nie ʼn ligapunt het nie.

Hoe hulle Vrydag kan wen, selfs op hulle tuisveld en selfs teen die swakkerige Waratahs, sal net hulle afrigter weet (of hoop).

Maar hulle speel tuis, en het dit verlede jaar teen die Waratahs reggekry …

Die spanne –

Crusaders vs Force in Christchurch

Crusaders: 15 David Havili, 14 Digby Ioane, 13 Tim Bateman, 12 Ryan Crotty, 11 George Bridge, 10 Mitchell Hunt, 9 Mitchell Drummond, 8 Jordan Taufua, 7 Matt Todd, 6 Scott Barrett, 5 Sam Whitelock (kapt.), 4 Luke Romano, 3 Owen Franks,2 Codie Taylor, 1 Wyatt Crockett. Bank: 16 Ben Funnell, 17 Tim Perry, 18 Michael Alaalatoa, 19 Mitchell Dunshea, 20 Pete Samu, 21 Bryn Hall, 22 Marty McKenzie, 23 Manasa Mataele.

Western Force: 15 Luke Morahan, 14 Alex Newsome, 13 Curtis Rona, 12 Marcel Brache, 11 Chance Peni, 10 Jono Lance (kapt.), 9 Ryan Louwrens, 8 Richard Hardwick, 7 Kane Koteka, 6 Isi Naisarani, 5 Matt Philip, 4 Ross Haylett-Petty, 3 Jermaine Ainsley, 2 Tatafu Polota-Nau, 1 Ben Daley. Bank: 16 Heath Tessmann, 17 Pek Cowan, 18 Tetera Faulkner, 19 Richie Arnold, 20 Matt Hodgson, 21 Michael Ruru, 22 Ian Prior, 23 Robbie Coleman.Afskop:

Afskop: 08:35

Rebels vs Waratahs in Melbourne

Rebels: 15 Jack Debreczeni, 14 Sefa Naivalu, 13 Tom English, 12 Reece Hodge, 11 Marika Koroibete, 10 Jackson Garden-Bachop, 9 Nic Stirzaker (kapt.), 8 Amanaki Mafi, 7 Colby Fainga’a, 6 Jordy Reid, 5 Steve Cummins, 4 Culum Retallick, 3 Laurie Weeks, 2 James Hanson, 1 Fereti Sa’aga. Bank – uit: Pat Leafa, Tom Moloney, Tyrel Lomax, Dominic Day, Lopeti Timani, Jake Schatz, Ben Meehan, Mitch Inman, Ben Volavola.
Waratahs: 15 Israel Folau, 14 Reece Robinson, 13 Rob Horne, 12 David Horwitz, 11 Andrew Kellaway, 10 Bernard Foley, 9 Jake Gordon, 8 Jed Holloway, 7 Michael Hooper (kapt.), 6 Ned Hanigan, 5 Will Skelton, 4 Dean Mumm, 3 Sekope Kepu, 2 Tolu Latu, 1 Tom Robertson. Bank: 16 Damien Fitzpatrick, 17 Paddy Ryan, 18 David Lolohea, 19 David McDuling, 20 Michael Wells, 21 Nick Phipps, 22 Cam Clark, 23 Taqele Naiyaravoro.

Afskop: 10:45

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.