Baie lesers stem vir Rassie

Rassie Erasmus. Foto: GB Jordaan.

Lesers van die rugbywebblad RugbyPass kon vroeër vir hul gunstelingspelers ooit (van heelagter tot stut) gestem het; nou kry hulle ook die geleentheid om ’n geskikte afrigter vir die span te kies.

En volgens die jongste berig geniet Suid-Afrika se Rassie Erasmus ’n kort voorsprong bo Nieu-Seeland se Steve Hansen.

“Erasmus verdien lof vir die wyse waarop hy die Springbokke se lot ná die rampspoedige 2017-seisoen omgekeer het; twee jaar later het hy die span na Wêreldbeker-glorie in Japan gelei,” het die webblad geskryf.

Hy kan egter strawwe teenstand van Hansen verwag – ’n breier wat vier keer as Wêreldrugby se afrigter van die jaar aangewys is en aan die stuur van ’n baie sterk All Blacks-span was.

Erasmus het tans 424 stemme, gevolg deur Hansen (229 stemme) en Graham Henry (39 stemme).

Die 49-jarige voormalige Springbok het vroeër ’n video van 62 minute gemaak waarin hy videogrepe uitwys waar hy glo die Springbokke in die eerste toets in Kaapstad teen die Britse en Ierse Leeus te na gekom is. Hy het ook voorbeelde uitgelig waar daar volgens hom nie genoeg respek aan die Bokke en veral nie aan die Bokkaptein, Siya Kolisi, betoon is nie.

Nodeloos om te sê, dit het Wêreldrugby omgekrap en hy is deur ’n tugpaneel op ses aanklagte – onder meer dat hy ’n wedstrydbeampte gedreig en nie sy gesag gerespekteer het nie – skuldig bevind.

Hy geniet egter baie ondersteuning en Ian McIntosh (voormalige Springbok-afrigter) het gesê dat Erasmus eerder vir sy video geprys moet word; skeidsregters is immers nie bo kritiek verhewe nie.

Die legendariese Kitch Christie wat saam met Francois Pienaar die Webb Ellis-trofee in 1995 omhoog gehou het, is ook onder die benoemdes.

  • Hoe RugbyPass-lesers se stemmery tans lyk:

Heelagter: Christian Cullen (659 stemme), Percy Montgomery (372 stemme)

Regtervleuel: David Campese (760 stemme), Doug Howlett (695 stemme)

Buitesenter: Brian O’Driscoll (1 252 stemme), Conrad Smith (530 stemme), Danie Gerber (303 stemme)

Binnesenter: Ma’a Nonu (1 598 stemme), Jean de Villiers (398 stemme)

Linkervleuel: Jonah Lomu (1 895 stemme), Bryan Habana (626 stemme)

Losskakel: Dan Carter (2 790 stemme), Jonny Wilkinson (595 stemme), Naas Botha (186 stemme)

Skrumskakel: Aaron Smith (2 021 stemme), Fourie du Preez (754 stemme), Joost van der Westhuizen (509 stemme)

Agsteman: Mamuka Gorgodze (1 905 stemme), Zinzan Brooke (1 236 stemme), Duane Vermeulen (1 033)

Flank: Richie McCaw (3 265 stemme), Schalk Burger (618 stemme)

Flank: Jerome Kaino (2 057 stemme), Thierry Dusautoir (837 stemme), Francois Pienaar (569 stemme)

Slot: Victor Matfield (2 026 stemme), Sam Whitelock (887 stemme)

Slot: Eben Etzebeth (1 864 stemme), Brodie Retallick (1 474 stemme)

Stut: Owen Franks (2 021 stemme), Tadgh Furlong (1 217 stemme)

Haker: Sean Fitzpatrick (1 966 stemme), Bismarck du Plessis (1 150 stemme)

Stut: Os du Randt (1 863 stemme), Tony Woodcock (1 424 stemme), Beast Mtawarira (773 stemme)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.