Baie op die spel in promosie-relegasie-wedstryd

Te veel rugby? Watwou!

Die Vrystaat Cheetahs gebruik 15 van die spelers wat Saterdagaand op die Vrystaat-stadion hul eerste Pro14-oorwinning van die seisoen behaal het vir Dinsdagaand se promosie-relegasie-wedstryd in die Curriebeker-kompetisie teen die SWD Arende.

Die spelers mag wel gebruik word omdat hulle voor die aanvang van die Pro14-reeks Curriebeker-rugby gespeel het ‒ en die meeste van hulle sal Sondag weer Pro14-rugby moet speel wanneer Munster in Bloemfontein is.

Hoewel die Vrystaat Cheetahs én hul franchise-ouboete vanjaar sleg slae in albei kompetisies gekry het, is wen vir die Curriebeker-span nie onderhandelbaar nie.

Hoekom?

Want word hulle na die Curriebeker se Eerste Liga-reeks afgeskuif, gaan dit bloed sweet kos om terug te keer. Vra maar vir Natal, wat dit vier keer agtereenvolgens (1982-1985) nie kon regkry om hul promosiewedstryde te wen nie en in 1986 deur Sarfu “begenadig” en na die destydse A-afdeling opgeskuif is.

Vir die Cheetahs is daar ook ʼn geldelike geelwortel. Ná twee seisoene sal hulle as franchise betaling uit hul Pro14-deelname begin ontvang wat die behoud en verkryging van spelers makliker sal maak.

Die nadeel is natuurlik dat die poelgrootte van gehalte-spelers in Suid-Afrika aan die afneem is.

♦ Vir die Arende is die wedstryd net so belangrik. Word hulle bevorder, is daar die waarskynlikheid van meer en groter borgskappe ‒ en veel meer toeskouers op hul tuisveld teen spanne wat, selfs met die verwatering van die Curriebeker-reeks, ʼn paar sterre en Springbokke sal bevat.In die tweede helfte van die Eerste Liga -eindstryd teen die Valke was die Arende indrukwekkend toe hulle die rustydtelling en ook hul vertoning moes omkeer, en die Vrystaters sal veral vir die moeilike pak van die SWD-span moet lig loop. 

Spanne ‒ 

Vrystaat Cheetahs
15 Malcolm Jaer, 14 Ali Mgijima, 13 William Small-Smith, 12 Nico Lee, 11 Rabz Maxwane, 10 Louis Fouche, 9 Tian Meyer (kaptein), 8 Junior Pokomela, 7 Abongile Nonkontwana, 6 Niell Jordaan, 5 Dennis Visser, 4 Justin Basson, 3 Aranos Coetzee, 2 Reinach Venter, 1 Charles Marais. Bank: 16 Joseph Dweba, 17 Ox Nché, 18 Stephan Malan, 19 Aidon Davis, 20 Daniel Maartens, 21 Rudy Paige, 22 Tian Schoeman

SWD Arende
15 Marlo Weich, 14 Alshaun Bock, 13 Kirsten Heyns, 12 Tyler Fisher, 11 Adri Jacobs, 10 Divan Nel, 9 Johan Steyn, 8 Wayne Wilschut, 7 Nicolaas Immelman, 6 Janneman Stander, 5 Johannes Janse van Rensburg, 4 Ruben Schoeman, 3 Mzuvukile Sofisa, 2 Jacobus Vermaak, 1 Luxolo Koza. Bank: 16 Le Roux Baard, 17 Teunis Nieuwoudt, 18 Dewald Dekker, 19 Brendon Esterhuizen, 20 Reinhardt Stears, 21 Vuyo Mbotho, 22 Ganfried May. 

Afskop: 18:00.
Skeidsregter: Jaco Peyper.
Assistent-skeidsregters: AJ Jacobs, Ben Crouse.
TV-skeidsregter: JJ Wagner.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JJ ·

Dis belaglik dat die Cheetahs die game moet speel. SA Rugby moes hul deelname verskans het vir3 tot 5 jaar. Dis SA Rugby se skuld dat die Cheetahs is waar hulle is. Skaam julle SA Rugby. Terloops, ek is nie n Cheetah supporter nie.

Frans C ·

Redelik maklik oorwinning vir Cheetahs met 36-5.Sou 36-0 gewees het as dit nie vir ‘n laat onderskep drie was nie.Dit wys maar weer die groot verskil tussen die 2 afdelings.
Groot ontnugtering vir SWD.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.