Bakkies een van die beste Franse Top-14-spelers nóg

Die Springbok-slot Bakkies Botha. Argieffoto.

Ná twee weke en meer as 2 000 stemme is Bakkies Botha as een van die beste spelers in die geskiedenis van die Franse Top-14-reeks aangewys.

Die Suid-Afrikaanse hardebaard het in 2011 Pretoria vir Toulon verruil en het uiteindelik 73 wedstryde vir die Franse klubspan gespeel.

Toulon het in die Botha-jare drie keer die Heineken-eindstryd gewen.

Botha is een van slegs vier oorsese spelers, saam met Juan Martin Hernandez (Argentinië), Matt Giteau (Australië) en Jonny Wilkinson (Engeland), wat deur Top-14-ondersteuners gekies is.

Die veglustige Botha was mal daaroor om sy loopbaan in Frankryk af te sluit.

“Ek was mal oor Franse rugby, trouens, ek dink dit was die hardste rugby wat ek nóg gespeel het,” het Botha gesê.

Die Top-14-span: Juan Martin Hernandez (heelagter), Vincent Clerc (regtervleuel), Matt Giteau (buitesenter), Yannick Jauzion (binnesenter), Maxime Medard (linkervleuel), Jonny Wilkinson (losskakel), Morgan Parra (skrumskakel), Imanol Harinordoquy (agtsteman), Serge Besten (flank), Thierry Dusautoir (flank), Fabien Pelous (slot), Bakkies Botha (slot), Nicolas Mas (stut), William Servat (haker) en Sylvain Marconnet (stut).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

'n Simpelman ·

Chuck Norris is net bang vir een ding.
En daai ding se naam is Bakkies Botha.

Dankie vir jare se kyk genot BB.
Victor en Bakkies top 3, indien nie beste, slot pare ter wêreld ooit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.