‘Bankrot’ Samoa kollekteer voor Skotse toets

Samoa, wat Saterdag op Murrayfield, Edinburgh, teen Skotland speel, is glo bankrot en het nie geld om sy spelers te betaal nie.

ʼn Toets teen Engeland wag twee weke later.

Luidens berigte oorsee het Tuilaepa Sailele Malielegaoi, die Samoaanse eerste minister, wat ook die voorsitter van die land se rugbyunie is, dié erkenning gedoen in die aanloop tot ʼn telefoniese geldinsameling om die unie uit sy penarie te probeer red.

Hy het gesê die unie kan nie sy bankskuld aflos nie, en het geld nodig om sy spelers te betaal.

Samoaanse rugby het ʼn lang geskiedenis van geldprobleme te midde van beskuldigings van wanadministrasie en spelersdreigemente om te staak.

Wêreldrugby (WR) het intussen bevestig dat die toetse teen die Skotte en Engelse nie in gedrang is nie.

WR staan kragtens sy hoëprestasieprogram vir die spelers se versekering en die koste van oefenkampe en vlugte in.

Die gasheerlande betaal die koste ter plaatse, en Engeland het op versoek van Samoa ingestem om ʼn geldelike bydrae aan die besoekers te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

albert ·

Wat n tragedie dat met die Super rugby reeks nie n tweede liga in plek gebring word waar spanne soos Samoa, Fiji, Namibie, Kings, Vrystaat, Sun wolfs, Force en die Rebels. Bo genoemde spanne staan bekend as die Super 8 en hulle speel Vrydae en as daar by die Super 12 n loslootjie op Saterdae . Eerstens speel krag teen krag teen mekaar en almal speel teen mekaar so sal Rugby net baat en die mensdom sal weer kyk want die konferensie storie is nie meer daar nie. Aan die einde van die seisoen speel die wat laaste eindig in die Uper 12 teen die wenner van Super 8 So sal Rugby net baat en die kleiner lande fondse kry om te oorleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.