Barbarians-wedstryd feitlik ʼn stryd tussen landgenote

Die wedstryd tussen die Britse Barbarians en die All Blacks Saterdagmiddag (17:00) op Twickenham is feitlik ʼn kragmeting tussen Nieu-Seeland se tweede en derde beste spanne.

Steve Hansen gee hoofsaaklik aan sy jong spelers in die toerspan na Europa kans om in die pronkwedstryd te speel waar die klem op hardlooprugby is. In die Baabaas se span is daar nie minder nie as 10 Nieu-Seelands spelers wat saam met vier van Suid-Afrika en een Wallaby uitdraf.

Vir manne soos Harold Vorster, Kwagga Smith en Jacques van Rooyen, wat al drie saam met Adriaan Strauss in die beginspan  is, is dit die kans om teen ʼn gehaltespan hulle slag te wys – en wie weet, vir Allister Coetzee en kie te beïndruk.

Nog drie spelers wat hulle senior rugby in Suid-Afrika speel of gespeel het, sit op die bank, t.w. Akker van der Merwe, Ruaan Ackermann, Willie Britz en Robert du Preez.

Die oud-Brumbie Ruan Smith, wat op Paarl Gimnasium op skool was, maar reeds as seun die Australiese skolespan verteenwoordig het, is ook ʼn man met Suid-Afrikaanse bande.

Julian Savea, onlangs nog die held van Nieu-Seeland wat egter met dissipline soos laat kom en nie-bywoning van oefeninge in onguns verval het, kan een van dié sterre in die Barbarianspan wees.

Sy broer Ardie speel Saterdagmiddag teen hom vir die All Blacks.

Spanne –

Barbarians
15 George Bridge, 14 Julian Savea, 13 Richard Buckman, 12 Harold Vorster, 11 Vince Aso, 10 Richie Mo’unga, 9 Andy Ellis (kaptein), 8 Luke Whitelock, 7 Kwagga Smith, 6 Steven Luatua, 5 Dominic Bird, 4 Sam Carter, 3 Atu Moli, 2 Adriaan Strauss, 1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Akker van der Merwe,17 Ben Franks, 18 Ruan Smith, 19 Willie Britz, 20 Ruan Ackermann, 21 Mitchell Drummond, 22 Robert du Preez, 23 Dillon Hunt.

Nieu-Seeland
15 David Havili, 14 Waisake Naholo, 13 Anton Lienert-Brown, 12 Ngani Laumape, 11 Seta Tamanivalu, 10 Beauden Barrett (kaptein), 9 Thomas Perenara, 8 Jerome Kaino, 7 Ardie Savea, 6 Vaea Fifita, 5 Scott Barrett, 4 Luke Romano, 3 Ofa Tu’ungafasi, 2 Nathan Harris, 1 Kane Hames. Bank: 16 Asafo Aumua, 17 Tim Perry, 18 Jeffery Toomaga-Allen, 19 Patrick Tuipulotu, 20 Sam Cane, 21 Tawera Kerr-Barlow, 22 Lima Sopoaga, 23 Matt Duffie.

Afskop: 17:00

♦ In die naweek se vernaamste ander internasionale wedstryd het Wimpie van der Walt, wat vir die Kings gespeel het, vroeg Saterdagoggend sy toetsbuiging vir Japan met ʼn drie teen Australië gevier.

Die wedstryd in Yokohama is met 63-30 deur die Wallabies gewen wat ook nie met hul heel bestes uitgedraf het nie. Hulle het nege drieë teen die drie drieë van Japan gedruk.

♦ Die All Blacks se toerspan in Europa het uiteraard ʼn hele aantal van die land se voorste Maori-spelers in sy groep. Tog kon die Maori All Blacks Vrydagaand op ʼn draffie met Kanada klaarspeel. Hulle het sewe drieë teen geen gedruk en met 51-9 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

·

Snaaks maar daar is geen kwota in die Barbarian span nie, as hulle so goed is in SA waarom is hulle nie daar nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.