BBRU-liga: eerste keer dié eeu sonder studente

Carltonbeker - Tukkies geskors.

Carltonbeker – geen studentespan nie.

Saterdag se eindstryd om die Blou Bulle-rugbyunie se Carltonbeker is die eerste keer hierdie eeu dat `n studentespan nie daarby betrokke is nie.

Dis ook die eerste keer sedert 2006 dat die Tukkies nie in die eindstryd speel nie, nadat die span op `n tegniese punt geskors is.

Een van more se finaliste, Centurion, het juis die vorige studentelose eindstryd in 1999 gewen deur Pretoria 16-15 te klop.

Dit was sy enigste eindstryd en dus enigste bekersege dusver.

Die ander finalis, die Naka Bulle, het nog nooit in `n Carlton-eindstryd gespeel nie. Sy voorganger, Oostelike (die destydse Uile), het wel in 1964 die beker met Weermag gedeel en dit in 1965 gewen.

Saterdag se eindstryde op Loftus Versfeld begin 13:00.

Die program –

B-veld

13:00 Tukkies o.21 teen Dragons o.21; 15:00 Limpopo o.21 teen Griekwas o.21; 17:00 Centurion teen Naka Bulle.

C-veld

13:00 Dragons III teen Polisie III; 15:00 Tukkies II teen Dragons II; 17:00 Tukkies o.20 teen Naka Bulle o.20.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.