BBRU-liga: Jong Turke lewer nóg skok op skok

naka-logoMet skok op skok wat voortduur in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A, is dit toenemend duidelik dat die Jong Turke besig is om die ou bedeling omver te werp.

Die grootste verrassing Saterdag was toe die nuweling in die reeks en verlede jaar se Eerste Ligawenner, Dragons van Pretoria-Noord, die Tukkies 24-17 geklop het nadat die studente rustyd 10-3 voor was.

Die Naka Bulle het eweneens verras deur terug te veg en 15-15 gelykop teen Pretoria Polisie te speel. Polisie was rustyd op sy tuisveld 8-3 voor.

In die ander wedstryd Saterdag het Rustenburg Impala, die Luiperdsspan wat in die BBRU-liga speel, 54-22 teen Harlequins gewen.

Dit plaas Impala (wat kragtens die ooreenkoms met die Blou Bul-klubs nie die liga kan wen nie) boaan die punteleer, met Naka tweede en Centurion derde.

♦ Buks Burger, die klubbestuurder van Naka, laat weet die wedstryd wat in koue, nat en winderige toestande gespeel is, was kliphard en fisiek, en die weer het die beweging van albei agterlyne tot `n mate beperk.

“Naka se held was gewis die jong agsteman, Jean-Pierre Alberts, wat al sy span se punte met vyf strafdoele behaal het.

“Saam met Alberts, het die twee ewe jong flanke, Branley Odendaal en Brendan O’Donoghue uithalerspel gelewer,” sê Burger.

“Sylvester Booysen het ná `n afwesigheid van twee weke na `n blindedermoperasie weer die kapteinskap oorgeneem, en hom as speler en kaptein goed van sy taak gekwyt.”

Burger sê die twee slotte, Juan van der Westhuizen en Adriaan Brits, kombineer met elke wedstryd  beter, en lewer Saterdag ná Saterdag hul beste.

“Lawrence Cleminson wat van die bank af die vaskopposisie gevul het, het ook  puik gevaar.

“Agterlangs moet die name van Alec Mhlanga en Aya Mavuso gemeld word.”

Anthony Beswick moes die veld in die eerste helfte weens harsingskudding verlaat, terwyl Fanie Rasarorka ook later met `n besering moes  gaan rus. Die manne wat hul plekke moes vul, het dit met durf en trots gedoen, sê Burger.

“Baie van Naka se sukses kan toegeskryf word aan die goeie gees, en dat hulle as `n span vir mekaar speel. Die krediet hiervoor moet  gewis aan die afrigters, Marinus van der Watt, Anthony Oberholzer en Morné Human gaan.”

Burger sê die manne van die Moot is verlig oor die loslootjie wat eerskomende  naweek voor lê.

“Dit sal `n welkome ruskans bied aan die lys beseerde spelers, en Naka hoop om oor twee weke op volle sterkte te wees vir die tweede ronde van die Carltonreeks teen Harlequins in Groenkloof.

♦ Heinrich Rademeyer en Ian van Deventer het Polisie se drieë gedruk en Morné Hugo het `n doelskop en `n strafdoel bygevoeg.

Ander uitslae –

Tweede spanne

Polisie 15, Naka 12; Fezelas UP 22, Dragons 13; Impala 39, Harlequins 12.

Derde spanne

Polisie 31, Naka 14; Dragons 20, Pumas (UP) 5; Harlequins 33, Impala 12.

O.21-spanne

Naka 36, Polisie 0; Tuks-Jongspan 39, Dragons 7; Harlequins 10, Impala 8.

O.20-spanne

Naka 57, Polisie 0; Tukkies 13, Dragons 7; Harlequins 16, Impala 3.

Opgesomde telkaart –

Impala 20, Naka Bulle 19, Centurion 14, Polisie 12, Dragons 12, Harlequins 6, Tukkies 6.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Arie ·

Die span is windgat, te veel wind is die probleem show af as n drie gedruk word, voete nie op grond nie moet aarde toe kom

Theuns ·

Hoekom is dit altyd Naka Bulle wat n storie vertel?Wat van ander spanne soos die die “nuweling” Dragons ook kommentaar lewer nie,altyd Naka.Ek hoop regtig waar Naka val weer uit die jaar en dat Dragons hulle sal trap.

Johann ·

Nee man wat se sportmanskap is die nou,Naka skryf nie die berigte nie.
Noudat die Cartlton bje omgekrap is kry Naka die skuld vir alles.

Maar ja kom ons kyk wat gebeur in die 2de Rondte.

Stephen ·

Theuns, hoogste bome kry die meeste wind, daar is n rede hoekom daar altyd oor n klub met passie en rigting sal geskryf word. Daar is belangstelling by die klub, van die media af, asook van ander klubs, ek sal nie verbaas wees as Derick Watts daar oodaag vir n ” Great” storie oor die Manne van die moot nie. Oooh en laaste telling was 30-15.. Eina…. Maar sterkte met jou drome Theuns.

#ARIE enTHEUNS# JALOERS ·

Arie en Theuns Het nie die voorwaardes gelees vir kommentaar nie

Johann ·

Sovêr ek weet is daar ‘n ope uitnodiging aan al die klubs om te skryf. En dit word geplaas.
Kom ons gun elke klub voorspoed. Dis harde werk om deesdae ‘n klub enigsins aan die gang te hou.

Johan ·

Ek stem saam Johann. Ons gun al die Clubs voorspoed. Ons kan nou we’ll nie die kompetisie wen kragtens die ooreenkoms nie, maar is steeds dankbaar om deel te wees daarvan. Die kompetisie is straf en dis duidelik dat iets spesiaals besig is om met Club Rugby in Pta te gebeur!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.