BBRU-liga: Naka voor in twee afdelings

Blou BulleNá 12 weke van intense mededinging in die Blou Bulle-rugbyunie se Calrtonliga A, en met enkele wedstryde uitstaande, is die Naka Bulle die enigste klub wat in twee afdelings voorloop.

Sy eerste span loop voor (32 ligapunte), maar Centurion (ook 32),  die Tukkies en Rustenburg Impala (albei 31) is so te sê gelyk met hom.

Daar die Luiperdsklub Impala nie vir die halfeindronde in aanmerking kom nie, is die Dragons (27) en Pretoria Polisie (23) se stand ook nog van belang.

Naka en Centurion het egter nog net een wedstryd oor, terwyl Polisie, Harlequins, Impala, die Dragons en die Tukkies elk twee wedstryde in die bank het.

Die Dragons se tweede span (in sy eerste jaar in die liga), Quins se derde, en die Tukkies se o.21-spanne is voor in hul onderskeie afdelings, met Polisie se tweede en Naka se o.21-span wat hard aan die deur klop.

Carltonliga B

In die Carltonliga B is die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) se Vikings ná 11 wedstryde die onoorwonne voorloper in die afdeling vir eerste spanne.

Brits se tweede span (44) voer die botoon in sy afdeling, maar Korrektiewe Dienste (43) hou hom op sy tone.

Cullinan, wat vanjaar tot die liga bevorder is, se derde span is eweneens nie in 11 wedstryde geklop nie. Die klub se eerste span (derde op die punteleer) en tweede span (vierde) vaar ook goed vir `n nuweling.

Carltonliga C

Hartbeespoort beleef `n puik jaar in die Carltonliga C.

Ná tien wedstryde is sy eerste span nog nie geklop nie, en die tweede span het slegs een keer verloor.

Transnet Parke is in albei afdelings tweede, en Bronkhorstspruit in albei derde.

Opgesomde punteleer –

Carltonliga A

Eerste spanne

Naka Bulle 32, Centurion 32, Tukkies 31, Impala 31, Dragons 27, Polisie 23, Quins 6.

Tweede spanne

Dragons 38, Polisie 38, Tukkies 34, Naka 28, Impala 22, Centurion 22, Quins 1.

Derde spanne

Quins 44, Dragons 34, Tukkies 31, Polisie 26, Naka 25, Impala 11, Centurion 10.

O.21-spanne

Tukkies 44, Naka 42, Dragons 41, Polisie 24, Quins 18, Centurion 15, Impala 1.

O.20-spanne

Naka 51, Tukkies 43, Quins 41, Dragons 32, Centurion 25, Impala 21, TUT 19, Polisie 0.

Carltonliga B

Eerste spanne

TUT 53, KD 42, Cullinan 40, Noordelikes 26, Tuine 22, Silver Valke 21, Brits 17,Eersterust 15, Atteridgeville 1.

Tweede spanne

Brits 44, KD 43,TUT 38, Cullinan 35, Silver Valke 30, Tuine 22, Noordelikes 10, Eersterust 7, Atteridgeville 0.

Derde spanne

Cullinan 54, Tuine 40, Atteridgeville 29, TUT (Sefako Makgatha- Mediese Universiteit) 28, KD 27, Brits 20, KD-oumanspan 18, Silver Valke 14, Noordelikes 3.

Carltonliga C

Eerste spanne

Hartbeespoort 49, Transnet Parke 43, Bronkhorstspruit 36, Tswaing 24, Westelikes 19, Militêr 14, Stanza Bopape 12, Soshanguve 8, Mamelodi/Nellmapius 6.

Tweede spanne

Hartbeespoort 44, Transnet Parke 38, Bronkhorstspruit 31, Westelikes 22, Militêr 22, Stanza Bopape 18, Tswaing 13, Soshanguve 11, Mamelodi/Nellmapius 8.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.