BBRU-liga: Noord verstewig plek in twee reekse

Noord het met twee oorwinnings in die afgelope weekronde sy plek in albei afdelings van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) se Carlton-C-liga verstewig.

Sy eerste span het Mamelodi met 43-5 geklop, en die tweede het met 14-12 teen Nellmapius gewen.

In albei gevalle blaas Noord (voorheen as Noordelikes bekend) nou warm in die dubbele voorloper, Bronkhorstspruit, se nek.

Dawid Labuschagne, die klub se voorsitter en eerstespanafrigter, is egter met geen van die vertonings tevrede nie.

“Niks het werklik volgens plan vir die eerste span verloop nie, en die tweede span sal gewis die basiese dinge onder die knie moet kry.”

Sarel de Beer (slot), Justen Swart (agsteman), Morné van Aswegen (linkervleuel), Pierre Wagenaar (binnesenter), Christo Snyman (regtervleuel, twee) en Etienne Swanepoel (heelagter) het die wenspan se drieë gedruk.

Swanepoel en Jacques Storm het elk twee verdoel.

Vir die tweede span het André Wagenaar (skrumskakel) en Hannes Botha (stut) drieë gedruk, en Ryno Vermaak het albei verdoel.

 

Carlton-C-liga

Eerste spanne

Bronkhorstspruit 20, Noord 20, Stanza/Militêr 18, Transnetparke 16, Westelikes 14, Atteridgeville 5, Soshanguve 5, Mamelodi/Nellmapius 1, Tswaing 1.

Tweede spanne

Bronkies 18, Noord 17, Transetparke 14, Westelikes 14, Stanza/Militêr 13, Soshanguve 12, Atteridgeville 6, Tswaing 4, Mamelodi/Nellmapius 1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.