BBRU-liga: QBR laat Tukkies kwaai sweet

Quins-Bobbies-rugby (QBR) het die Tukkies Saterdag kwaai laat sweet in die jongste weekronde van die Blou Bulle-rugbyunie se Carlton-A-liga.

Die studente kon op die ou end net met 26-23 wen, nadat die rustydtelling 17-17 gelykop was.

In die ander wedstryd in die reeks het die verdedigende kampioen, Centurion, die Dragons van Pretoria-Noord met 88-17 verpletter. Die wenspan was rustyd al met 52-0 voor.

Johanna de Vos se rekords toon dat Steven Moir van Centurion (75), Morné Hugo van QBR (63) en Marais Schmidt van die Tukkies (56) die voorste puntemakers is.

JP du Plessis (Centurion) het dusver ses drieë gedruk; en sy spanmaats Curtley Brinkhuis en Edmar Marais, en die QBR-spelers Jan-Hendrik Bosman en Jacques Erasmus vyf elk.

Ander uitslae –

Tweede spanne

QBR 41, Fezelas (UP) 9.

Derde spanne

Centurion 38, Dragons 32; QBR 25, Pumas (UP) 14.

Onder 21-spanne

Tuks-jongspan 15, Dragons 7; Naka Bulle 75, QBR 7.

Onder 20-spanne

Tukkies 42, Dragons 30; Centurion 19, Tuine 17; Nala Bulle 37, QBR 14.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.