BBRU-liga: Silver Valke uiter noodkreet

Die Silver Valke (rooi broeke) in aksie teen Baviaanspoort. (Foto: Silver Valke)

Die Silver Valke van Silverton is dermate deur beserings uitgedun dat die klub ʼn noodkreet om spelers uiter.

Peter Strauss, die klub se skakelman, sê die Valke gaan veral mank aan slotte, hakers, skrumskakels en senters.

Die klub speel in die Blou Bulle-rugbyunie se Carlton-B-liga en moet weekliks drie spanne in die veld stoot.

Strauss nooi alle spelers ouer as 18 om by die klub aan te sluit.

“Die klub het ʼn trotse geskiedenis en ʼn warm, gesinsvriendelike atmosfeer, waar enigiemand welkom is.

“Daar is genoeg plek vir spelers wat gaan oefen om speelkans in die reeks te kry,” het hy aan Pale Toe! gesê.

Strauss sê die oefentye is 18:30 tot 20:30 Dinsdae en Donderdae op die klub se A-veld in Roestoffstraat 220, Silverton, Pretoria.

“Daar is geen registrasiegeld betaalbaar nie.”

Belangstellendes kan die voorsitter, Henry van Wyk, by 083 466 9016 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.