BBRU-liga: Tukkies maak seker van boonste sport

Tukkies teen Dragons. (Foto: Johanna de Vos)

Tukkies teen Dragons. (Foto: Johanna de Vos)

Die Tukkies het Saterdag seker gemaak van die boonste sport op die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A-punteleer deur die nuweling in die reeks, Dragons, te klop.

Die studente was rustyd al 22-12 voor en het uiteindelik 47-12 gewen.

In een van die mededingendste Carltonreekse in baie jare het die Tukkies agt uit hul 12 wedstryde gewen, Rustenburg Impala, Centurion en Dragons elk sewe en Pretoria Polisie ses.

Die Tukkies speel aanstaande Saterdag teen die Naka Bulle in die halfeindstryd, en Polisie teen Centurion.

Marais Schmidt (senter) het 17 Tukkie-punte met vier doelskoppe en drie strafdoele aangeteken.

Vian Riekert (senter, twee), Justin Forwood (loskopstut), WJ Strydom (heelagter), Theuns Reynolds (haker) en Jan Enslin (plaasvervanger) het die span se drieë gedruk.

Emilio Duvenhage (heelagter) het al 12 die Dragons se punte met drie strafdoele en `n skepdoel behaal.

Luidens Johanna de Vos se statistiek het Reynolds se drie hom in staat gestel om saam met die Dragons se Marnus van Rensburg as topdriedrukker (11 elk) in die rondomtalie te eindig.

Gaybrin Smith van Centurion se 149 punte (drie drieë, 19 doelskoppe en 32 strafdoele) was die meeste deur `n speler in dié fase.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tc ·

Dragons julle het uitstekend gevaarlike,volgende jaar gaan julle die trofee vat!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.