BBRU-liga: Tukkies se halfeindsege in gedrang

blou-bulle-logoDie Tukkies se sege in die halfeindronde van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A is in gedrang nadat `n beswaar daarteen ingedien is.

Die studente het die Naka Bulle Saterdag 60-14 geklop en is geskeduleer om 13 Augustus in die eindstryd teen Centurion speel.

Eugene Hare, die hoof- uitvoerende beampte van die bond, het teenoor Pale Toe! bevestig die beswaar gaan oor `n tegniese punt.

Hy sê die BBRU se uitvoerende komitee hanteer dit, en sal Vrydag `n besluit daaroor neem.

Buks Burger, die klubbestuurder van Naka, het bevestig dat die klub `n beswaar ingedien het.

Naka was verlede jaar aan die ontvangkant toe hy die halfeindstryd op `n tegniese punt misgeloop het.

Ondanks `n oortuigende sege oor Harlequins, is Naka se punte weggeneem en vir Quins gegee, wat die Groenkloofse span vir die uitspeelronde in aanmerking laat kom het.

Die saak het in die hof gedraai, wat nie dringendheid daarin kon sien nie, en Naka het uiteindelik teësinnig bes gegee om verdere regskoste te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.