Beale volg lang lys Aussie kwajongens

James O'Connor - en van baie oortreders

James O’Connor – en van baie oortreders

Die Ausies het nou maar eenmaal meer probleme met hulle spelers se gedrag van die veld af as die meeste ander sportlande. Hierdie keer is dit die begaafde Kurtley Beale  wat, soos Quade Cooper, Kurtley Beale, James O’Connor en Digby Ioane, uit ‘n toetsgroep gesmyt is.

Dit volg op `n insident op die vlug van Suid-Afrika na Argentinië – waar die Wallabies Sondag (SA tyd) teen die Poemas speel –  toe Beale klaarblyklik op `n lid van die Wallabies se spanbestuur gevloek het. Die Australiese Rugbyunie stel ondersoek na die voorval in.

Die Wallabies se afrigter, Ewen McKenzie, het ses voorspelers en net twee agterspelers op die bank gekies. Hulle is die skrumskakel Nic White en die vleuel Rob Horne. Daar is nie pertinent gesê Beale is oor die voorval weggelaat nie, maar McKenzie het tog gemeld dit het tot ontwrigting van die span se voorbereiding gelei.

Die bestuurslid het intussen teruggekeer Australië toe.

Dit is nie Beale se eerste oortreding nie. Hy was al `n paar keer in die sop en het verlede jaar `n tydperk in `n rehabilitasiesentrum deurgebring vir `n alkoholprobleem.

McKenzie sê die ses voorspelers op die bank is om voorsorg teen uitputting te tref na die harde wedstryd teen die Springbokke. Horne se insluiting – as dit nie `n tugstap teen Beale is – nie maak egter nie sin nie, omdat die stout kind van Aussie-rugby heelagter, losskakel en senter kan speel en die ideale man is om op die bank te hê.

Spanne

Argentinië
15 Joaquin Tuculet, 14 Juan Imhoff, 13 Horacio Agulla, 12 Juan Martin Hernandez, 11 Lucas Gonzalez Amorosino, 10 Nicolas Sanchez, 9 Martin Landajo, 8 Leonardo Senatore, 7 Benjamin Macome, 6 Rodrigo Baez, 5 Tomas Lavanini, 4-Mariano Galarza, 3 Nahuel Tetaz Chaparro, 2 Agustin Creevy (k), 1 Marcos Ayerza
Bank: 16 Matias Cortese, 17 Bruno Postiglioni, 18 Ramiro Herrera, 19 Matias Alemanno, 20 Javier Ortega Desio, 21 Thomas Cubelli, 22 Marcelo Bosch, 23 Jeronimo De la Fuente

Australië
15 Israel Folau, 14 Adam Ashley-Cooper, 13 Tevita Kuridrani, 12 Matt Toomua, 11 Joe Tomane, 10 Bernard Foley, 9 Nick Phipps, 8 Scott Higginbotham, 7 Michael Hooper (k), 6 Scott Fardy, 5 James Horwill, 4 Sam Carter, 3 Sekope Kepu, 2 Saia Fainga’a, 1 James Slipper

Bank: 16 Josh Mann-Rea, 17 Benn Robinson, 18 Ben Alexander, 19 Will Skelton, 20 Jake Schatz, 21 Matt Hodgson, 22 Nic White, 23 Rob Horne

Afskop: Sondag 00:40

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.