Beale weer diep in tamatiestraat

Die Australiese Rugbyunie stel ondersoek in na die optrede van die Wallabies se veelsydige agterspeler Kurtley Beale op die vlug van Suid-Afrika na Brasilië (op pad  na Argentinië). Hy het glo `n Wallaby-bestuurslid op die vliegtuig gevloek.

Die Wallabies berei tans voor vir die naweek se wedstryd teen Argentinië en hy sal hoogswaarskynlik in Saterdag in die toetsgroep wees omdat die ondersoek eers ná die toets afgehandel word.

Beale het `n lang lys van oortredings van die veld af. Omdat hy nog nie `n kontrak vir aanstaande jaar met die ARU het nie, kan dit die einde van sy internasionale loopbaan beteken as hy aan die jongste oortreding skuldig bevind word.

** Die Poemas het vir Saterdag se kragmeting teen die Wallabies vyf veranderinge aangebring aan die span wat teen Nieu-Seeland verloor het.

Argentinië:

15 Joaquin Tuculet, 14 Juan Imhoff, 13 Horacio Agulla, 12 Juan Martin Hernandez, 11 Lucas Gonzalez Amorosino, 10 Nicolas Sanchez, 9 Martin Landajo, 8 Leonardo Senatore, 7 Benjamin Macome, 6 Rodrigo Baez, 5 Tomas Lavanini, 4-Mariano Galarza, 3 Nahuel Tetaz Chaparro, 2 Agustin Creevy (kaptein), 1 Marcos Ayerza.
Bank: 16 Matias Cortese, 17 Bruno Postiglioni, 18 Ramiro Herrera, 19 Matias Alemanno, 20 Javier Ortega Desio, 21 Thomas Cubelli, 22 Marcelo Bosch, 23 Jeronimo De la Fuente

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.