Bedford Crusaders soek spanne vir prystoernooi

geldGoeie geldpryse is op die spel wanneer Bedford Crusaders op 30 Julie `n rugbydag op die dorpsveld aanbied.

Die wenspan kry R6 000 en die naaswenner R3 000, en elkeen ook `n wisselbeker.

Die toernooi word op `n uitklopgrondslag beslis en die bepalings sal die oggend 09:00 per loting vasgestel word.

`n Netbaltoernooi word tegelykertyd aangebied en die dag word met `n dans afgesluit.

Belangstellendes kan die klubsekretaris, Pedro Lottering, by 079 604 6711 of Zachary Jacobs by 078 054 2279 bel.

(Klubbesture landwyd word genooi om bondige wedstrydverslae Maandae voor 11:00 vir publikasie aan Pale Toe! by [email protected] te stuur.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.