Belangrike laaste naweek vir Curriebekerglorie

currie cup logo 2016.jpgDie felste stryd van vanjaar se Curriebekerreeks wag waarskynlik op die spelers wat Vrydagaand vir die Goue Leeus en die Sharks op Ellispark uitdraf in ʼn wedstryd wat die sukses van die twee spanne se seisoen sal bepaal.

Die wenner is in die halfeind, die verloorder nie (tensy ʼn mens aan die verskeie onwaarskynlikhede glo). En dit uitslag sal ook die Bulls en die WP beinvloed.

Dit is juis hierdie onsekerheid van wie teen wie en waar in die halfeindstryde oor twee weke sal speel wat vanjaar se Curriebekerreeks, na ʼn aantal middelmatige wedstryde in ʼn middelmatige 2016-kompetisie, op ʼn hoë noot sal afsluit.

♦   Die Sharks het die seisoen soos ʼn stoomroller begin en momentum opgebou totdat eers die WP op Nuweland en toe Vrystaat Cheetahs op Kingspark hulle stil gespeel het.

Die Sharks se volgende wedstryd, in gietende reën op ʼn sopnat veld teen die OP Kings, was geen maatstaf nie, behalwe dat die Sharks by hul beplande patroonrugby gehou het en hulle kanse goed gebruik het.

Dit op sigself, behoort vir hulle ʼn ruim skoot selfvertroue te voorsien.

♦   Die Leeus het aan die ander kant weer so-so begin, teen Griekwas vasgeval en selde werklik oortuig.  Hulle is ook deeglik deur de Blou Bulle op Loftus reggesien.

Maar tog, die afgelope weke was daar weer die verwagte samespel – hoewel nog met heelwat foute – in hulle spel te bespeur. Rohan Janse van Rensburg en die nuweling Jacques Nel in die middelveld, ʼn goeie pak voorspelers met ʼn gedugte voorry wat die Sharks met hulle Bokstut Lourens Adriaanse en Bokhaker Chiliboy Ralepelle goed sal vasvat, en drie lekker losvoorspelers in die kaptein Kwagga Smith, Ruan Ackerman en Ruan Lerm teenoor Jean-Luc du Preez, Francois Kleynhans en Keegan Daniel, sal vir `n stryd soos min sorg.

Wie gaan wen? Niemand sal op dié een waag nie, maar tog hoop …

♦ Die Westelike Provinsie behoort sy vyf punte een die Boland te kry. Gebeur dit nie, kan hy selfs deur ʼn verloor-Leeuspan uitgeskakel word, met `n hele spul asse daarby.

♦  Die Vrystaat en Griekwas se wedstryd beteken nie juis meer iets behalwe  bonuspounte en die trots van ʼn buurstryd nie. Die Vrystaat is verseker van `n tuis eindwedstryd as hy die halfeind oorleef, en Griekwas is reedsuitgeskakel.

Die wedstryd word in Bloemtontein gespeel, waar daar besondere fokus sal wees op die Cheetahs se kaptein Swys Venter wat terug is na sy besering.

As daar in Suid-Afrika ʼn beter sentergroep as in Bloemfontein is, met Venter, Nico Lee, William Small-Smith en Michael van der Spuy, weet baie min mense daarvan.

♦  Die Pumas en die OP Kings se afrigters het albei aan hulle spanne gepeuter vir die stryd om die houtlepel. Die Kings, met ʼn enkele bonuspunt, behoort selfs op sy tuisveld die ongewenste houtlepel te wen teen die Pumas wat darem vyf verloorbonuspunte het.

Die spanne –

Goue Leeus vs Sharks, Vrydag 17:00, Ellispark

Goue Leeus: 15 Andries Coetzee, 14 Koch Marx, 13 Jacques Nel, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Anthony Volmink, 10 Jaco van der Walt, 9 Ross Cronje, 8 Ruaan Lerm, 7 Ruan Ackermann, 6 Albertus Smith (kapt.), 5 Bobby de Wee, 4 Jean-Pierre du Preez, 3 Ruan Dreyer, 2 Robbie Coetzee, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Malcolm Marx, 17 Jacques van Rooyen, 18 Fabian Booysen, 19 Cyle Brink, 20 Dillon Smit, 21 Howard Mnisi, 22 Sylvian Mahuza.
Sharks: 15 Curwin Bosch, 14 Rhyno Smith, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Lwazi Mvovo, 10 Inny-Christian Radebe, 9 Michael Claassens, 8 Keegan Daniel (kapt.), 7 Jean-Luc du Preez, 6 Francois Kleinhans, 5 Ruan Botha, 4 Etienne Oosthuizen, 3 Lourens Adriaanse, 2 Chiliboy Ralepelle, 1 Thomas du Toit. Bank: 16 Franco Marais, 17 John-Hubert Meyer, 18 Stephan Lewies/Jean Droste, 19 Khaya Majola, 20 Stefan Ungerer, 21 Garth April, 22 Wandile Mjekevu.

Op Kings vs Pumas, Vrydag 18:00, Nelson Mandelabaai-stadion

OP Kings: 15 Johan Tromp, 14 Siviwe Soyizwapi, 13 Berton Klaasen, 12 Waylon Murray, 11 Sampie Mastriet, 10 Pieter-Steyn de Wet, 9 Ricky Schroeder (kapt.), 8 Christiaan de Bruin, 7 Sebastian Ferreira, 6 Brandon Brown, 5 Dylan Pieterse, 4 Mthetheleli Fuzani, 3 Vukile Sofisa 2 Martin Bezuidenhout, 1 Barend Potgieter. Bank: 16 Warrick Venter, 17 Pieter Stemmet, 18 Etienne Oosthuizen, 19 Luke van der Smit, 20 Cullen Callopy, 21 Vian van der Watt, 22 Lungelo Gosa.
Pumas: 15 Davon Williams, 14 Tyler Fisher, 13 Hoffman Maritz, 12 Leighton van Wyk, 11 Jean-Paul Lewis, 10 Heinrich Steyl, 9 Emile Temperman, 8 Renaldo Bothma (kapt.), 7 Carel Greeff, 6 Brian Shabangu, 5 Jannie Stander, 4 Jeremy Jordaan, 3 Louis Albertse, 2 Frank Herne, 1 DeJay Terblanche.Bank: 16 Simon Westraadt, 17 Marne Coetzee, 18 Hugo Kloppers, 19 Reuben Johannes,

Westelike Provinsie vs Boland, Vrydag 19:10, Nuweland

Westelike Provinsie: 15 Cheslin Kolbe, 14 Scott van Breda, 13 Johnny Kotze, 12 Damian de Allende, 11 Leolin Zas, 10 Robert du Preez, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nizaam Carr, 7 Kobus van Dyk, 6 Rynhardt Elstadt, 5 Chris van Zyl (kapt.), 4 Jan de Klerk, 3 Wilco Louw, 2 Mike Willemse, 1 Alistair Vermaak. Bank: 16 Neil Rautenbach, 17 JC Janse van Rensburg, 18 JP Smith, 19 Dave Ribbans, 20 Jurie van Vuuren, 21 Jano Vermaak, 22 Werner Kok. Boland Kavaliers: 15 Adriaan Carelse, 14 Logan Basson, 13 Gerrit van Wyk, 12 Petrus Vermeulen, 11 Danwel Demas, 10 Theuns Kotze, 9 Marnus Hugo, 8 Zandré Jordaan, 7 Jacques Engelbrecht, 6 Shaun Adendorff, 5 Hanno Kitshoff, 4 Shaun McDonald, 3 Francois Hanekom, 2 Clemen Lewis (kapt.), 1 Basil Short. Bank: 16 Francois Esterhuyzen, 17 Enoch Mnyaka, 18 Linda Thwala, 19 Wayne Wilschut, 20 Joubert Horn, 21 Gerhard Jordaan, 22 Sergio Torrens

Vrystaat Cheetahs vs Griekwas, Saterdag, 14:00, Bloemfontein

Vrystaat Cheetahs: 15 Clayton Blommetjies, 14 Ryno Benjamin, 13 Francios Venter (kapt.), 12 Nico Lee, 11 Raymond Rhule, 10 Niel Marais, 9 Shaun Venter, 8 Niell Jordaan, 7 Uzair Cassiem, 6 Henco Venter, 5 Reniel Hugo, 4 Justin Basson, 3 Johan Coetzee, 2 Jacques Du Toit, 1 Ox Nche.Bank: 16 Torsten Van Jaarsveld, 17 Charles Marais, 18 Willem Serfontein, 19 Tienie Burger, 20 Zee Mkhabela, 21 Fred Zeilinga, 22 William Small-Smith.
Griekwas: 15 AJ Coertzen (kapt.), 14 Ederies Arendse, 13 Jonathan Francke, 12 Andre Swarts, 11 Alshaun Bock, 10 Elgar Watts, 9 Renier Botha, 8 Jason Fraser, 7 Jonathan Janse van Rensburg, 6 Wendal Wehr, 5 Mzwanele Zito, 4 Jonathan Adendorf, 3 Liam Hendricks, 2 Marius Fourie, 1 Steph Roberts. Bank: 16 Sidney Tobias, 17 Devon Martinus, 18 Steven Meiring, 19 Thabo Mabuza, 20 Eric Zana, 21 Ntabeni Dukisa, 22 Steven Moir.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.