
Pieter-Steph du Toit.(Twitter @All Blacks)
Springbokbrekers soos Pieter-Steph du Toit, Cheslin Kolbe, Makazole Mapimpi, Damian de Allende en Duane Vermeulen sal sake uitspook vir die gesogte titel as SA Rugby se speler van die jaar.
Du Toit is reeds die beste ter wêreld, terwyl die vlugvoetige Kolbe in Frankryk vir sy prestasies vereer is.
Die Springbokke is ook in die span van die jaar- kategorie benoem, terwyl Rassie Erasmus saam met Neil Powell en Franco Smith onder die beste afrigters tel.
Die wenners sal volgende jaar bekendgemaak word.
Die benoemdes:
- SA Rugby se speler van die jaar: Damian de Allende, Pieter-Steph du Toit, Cheslin Kolbe, Makazole Mapimpi en Duane Vermeulen.
- SA Rugby se jong speler van die jaar: Curwin Bosch, Herschel Jantjies, S’bu Nkosi, JJ van der Mescht en Damian Willemse.
- Span van die jaar: Vrystaatse Cheetahs, die Springbokke en die Blitsbokke (sewes).
- Afrigter van die jaar: Rassie Erasmus, Neil Powell en Franco Smith.
- Junior Springbokke se speler van die jaar: Phendulani Buthelezi, Jaden Hendrikse, JJ van der Mescht.
- Blitsbokke se speler van die jaar: Kurt-Lee Arendse, Selvyn Davids, Werner Kok en Siviwe Soyizwapi.
- Superrugby-speler van die toernooi: Pieter-Steph du Toit (Stormers), Handré Pollard (Bulls), Duane Vermeulen (Bulls).
- Curriebeker (Premierliga) se speler van die jaar: Joseph Dweba (Cheetahs), Tyrone Green (Leeus) en Ruan Pienaar (Cheetahs).
- Curriebeker (Eerste Liga) se speler van die jaar: Cody-Anthony Basson (Griffons), Athenkosi Mayinje (Olifante), Robbie Petzer (Griffons) en Domingo Miotti (Jaguares XV-tal).
- SuperSport-uitdaagtoernooi se speler van die jaar: Jamba Ulengo (Vrystaatse XV-tal), Anthony Volmink (Griekwas) en George Whitehead (Griekwas).
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Peter Steph is my man en dan Colby. Julle het ons landjie vir n week hoop gegee.
Daar is net een en dis Pieter Steph – beste rugby speler in die wereld.