Berekenings oor ranglyspunte was toe foutief

Die uitvoerende hoof van  Wêreldrugby, Brett Gosper, se berekenings verlede week was toe foutief ‒ en die Bokke het ná Saterdag se tweede oorwinning oor Engeland, net na vyfde plek op Wêreldrugby se ranglys geklim, en nie na derde posisie nie.

Gosper het verlede Vrydag in ʼn twiet laat weet dat ʼn oorwinning vir die Springbokke oor Engeland en vir Ierland teen die Wallabies Suid-Afrika na derde plek op Wêreldrugby se punteleer sou laat opskuif. Dit het toe nie gebeur nie.

Die Bokke het benewens Engeland ook by Skotland verbygeskuif nadat dié teen die VSA verloor het.

Wallis se tweede oorwinning oor die Poemas in Argentinië, dié keer met meer as 15 punte (30-12) en die feit dat Suid-Afrika tuis teen Engeland gewen het, het met die ingewikkelde bepaling van rangordeplekke sekerlik ʼn rol gespeel.

Wallis, wat vyfde was, het met sy oorwinning oor die tiende-geplaaste Argentinië by Engeland en ook Australië verbygeskuif, wat albei die naweek verloor het. Dít ondanks die feit dat Argentinië, steeds tiende, die Walliesers se slagoffer was.

Engeland het na sesde plek getuimel ‒ hul laagste posisie sedert Maart 2016.

♦ Nieu-Seeland is nou reeds agt jaar ná mekaar in die eerste posisie en só ver voor dat dit ʼn rits neerlae sal kos vir enige span om hom in te haal.

Die voorste 20 spanne op Wêreldrugby se ranglys
1.  Nieu-Seeland 93,99
2. Ierland 89,20
3. Wallis 85,94
4. Australië 85,41
5. Suid-Afrika 84,65
6. Engeland 84,35
7. Skotland 81,83
8. Frankryk 79,10
9. Fidji 78,51
10. Argentinië 76,73
11. Japan 74,20
12. Georgië 74,18
13. Italië 72,56
14. Tonga 71,88
15. VSA 71,39
16. Roemenië 68,25
17. Samoa 68,24
18. Uruguay 65,37
19. Rusland 64,89
20. Spanje 63,09

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LHS ·

Moenie vrees nie, die saak sal mettertyd reggestel wees. Rassie werk hard daaraan om nie sy werkgewer teleur te stel nie. Net jammer Soois de Bruin het geval vir die grappie om te help met afrigting anders kon ons baie eerder al in die onderste helfte geval het, maar dit sal kom.

Johan ·

Ja nee blameer dit op n “tweet”
Doen julle huiswerk……ORDENTLIK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.