Beseerde McCaw toer saam

1200-richie-mccaw[1]

Steve Hansen, hoofafrigter van die All Blacks, het sy toerspan aangekondig vir die toer in Argentinië en Suid-Afrika vir die laaste been van die Rugbykampioenskap.

Die onlangse besering aan TJ Perenara het beteken dat Hansen weer na Piri Weepu op skrumskakel moes kyk vir insluiting in sy planne. Bismarck du Plessis het verlede naweek gesorg dat die goue seun van All Black rugby, Dan Carter, nie sal saam toer nie en Tom Taylor sal vir hom instaan. Richie McCaw sal saam toer en die herstel aan sy kniebesering sal bepaal of hy fiks is vir die stryd op Ellispark op 5 Oktober.

Hansen het na Weepu verwys as ‘n gesoute skrumskakel “in ag genome die omstandighede waarin ons sal toer en ons kan verbetering sien in sy spel.”

McCaw sal behandeling ontvang terwyl hy saam toer en Hansen het dit nie uitgesluit nie dat hy wel beskikbaar kan wees vir die Johannesburgse toets. Indien hy nie voldoende herstel het nie, sal hy deur Matt Todd vervang word.

Die All Blacks vertrek eerskomende Saterdag na Argentinië en speel teen die Argentyne op 28 Augustus. Die wraaktoets tussen die voorloperspanne vind op 5 Oktober op Ellispark plaas.

Die All Black toergroep is:

Voorspelers:

Hakers: Dane Coles, Andrew Hore and Keven Mealamu.
Stutte: Wyatt Crockett, Charlie Faumuina, Ben Franks, Owen Franks and Tony Woodcock.
Slotte: Brodie Retallick, Jeremy Thrush and Samuel Whitelock.
Losvoorspelers: Sam Cane, Steven Luatua, Richie McCaw, Liam Messam and Kieran Read.

Agterspelers:

Skrumskakels: Tawera Kerr-Barlow, Aaron Smith and Piri Weepu.
Senters en vleuels: Beauden Barrett, Aaron Cruden,Tom Taylor, Ma’a Nonu and Conrad Smith.
Heelagters: Israel Dagg, Charles Piutau, Julian Savea and Ben Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.