Beseerde Ox op die bank vir die eindstryd

Vrystaat logo ronelDie Vrystaat Cheetahs se afrigter Franco Smith het net een verandering gemaak aan die beginspan wat die Goue Leeus verlede week verniel het vir die Curriebekereindstryd Saterdag teen die Blou Bulle in Bloemfontein.

Ox Nché, een van die opwindendste jong spelers in die land, sal nie sy plek op loskop kan inneem nie, Hy het las van ʼn beenbesering en word deur Charles Marais vervang, maar is nietemin op die bank gekies.

Die binnesenter Nico Lee en die vuurvreterflank Paul Schoeman het ook albei van hul skete herstel.

Die span –

15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter (kapt.), 12 Nico Lee, 11 Raymond Rhule, 10 Niel Marais, 9 Shaun Venter, 8 Niell Jordaan, 7 Uzair Cassiem, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Justin Basson, 3 Johan Coetzee, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Charles Marais. Bank: Jacques du Toit, Ox Nché, Armandt Koster, Henco Venter, Tian Meyer, Fred Zeilinga, Rayno Benjamin, Conrad van Vuuren.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.