Beserings haal die fut uit Sharks se voorspelerseile

Eben Etzebeth is een van die Sharks se grootste sterre. (Foto: Romain Perrocheau/AFP.)

Eben Etzebeth, die Springbokke en Sharks se vuurvreterslot, sal in die afsienbare toekoms die rugbyaksie van lángs die veld moet dophou.

“Eben het ʼn knieoperasie ondergaan en hy sal eers weer oor ʼn paar weke beskikbaar wees,” het Sharks-afrigter John Plumtree gesê.

Etzebeth se laaste wedstryd vir die Durbaniete was op 13 Januarie teen Oyonnax.

Plumtree erken dat beserings tans vir ʼn groot kopseer in die Sharks-kamp sorg en dit belemmer veral die span se voorspelerspel.

“Ons weet dat ons oor ʼn sterk pak voorspelers beskik, maar hulle kry kwalik speelkans. Daar was seker ses operasies onder ons vastevyfspelers en dit is ongetwyfeld ʼn groot toets vir ons diepte.”

Die Sharks speel Saterdag teen die Stormers op Kingspark en Plumtree het bevestig dat Lukhanyo Am teen die Kapenaars sal uitdraf, terwyl Bongi Mbonambi ook binnekort weer sy verskyning kan maak.

“Dit is nou al Februarie en Bongi se eerste wedstryd is nou eers om die draai – hy is immers ons voorste haker. Ja-nee, dit is ʼn groot frustrasie, want ek kan nie die pak voorspelers kies wat ek graag wil nie.”

Saterdag se aksie op Kingspark begin om 17:05 en die wedstryd word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

VRK-punteleer:

  1. Leinster: 34 punte ná nege wedstryde
  2. Benetton: 32 punte ná nege wedstryde
  3. Glasgow Warriors: 31 punte ná nege wedstryde
  4. Bulls: 30 punte ná nege wedstryde
  5. Ulster: 28 punte ná nege wedstryde
  6. Edinburgh: 26 punte ná nege wedstryde
  7. Stormers: 26 punte ná nege wedstryde
  8. Ospreys: 25 punte ná nege wedstryde
  9. Connacht: 24 punte ná nege wedstryde
  10. Lions: 24 punte ná nege wedstryde
  11. Munster: 24 punte ná nege wedstryde
  12. Cardiff: 21 punte ná nege wedstryde
  13. Scarlets: 12 punte ná nege wedstryde
  14. Zebre: 12 punte ná nege wedstryde
  15. Dragons: 10 punte ná nege wedstryde
  16. Sharks: 9 punte ná nege wedstryde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Erasmus se speelstyl eis sy tol, veral kopbeserings..

Sobymykoolkop ·

Om een of ander duister rede verwyder julle my kommentaar omdat ek sê Eben het ń swak siekerekord

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.