Beste skrumskakel kry uiteindelik Bok-kans

Piet van Zyl (Foto: The Bulls)

Piet van Zyl (Foto: The Bulls)

Waarskynlik die beste skrumskakel tans in Suid-Afrika is op lange laas deur die afrigter Allister Coetzee vir die Springbok-groep nadergetrek.

Piet van Zyl, wat die afgelope tyd skitterend vir die Blou Bulle speel, sluit Maandag by die groep in Durban aan.

Hy vervang Rudy Paige, wat steeds tekens toon van harsingskudding nadat hy Saterdag teen die Wallabies beseer is.

Van Zyl het Suid-Afrika reeds van die bank af in toetse teen Skotland en Samoa verteenwoordig, en vroeër vanjaar vir Suid-Afrika A teen die Engelse Saxons gespeel. Pat Lambie was in albei toetse sy skakelmaat.

Ondanks sy puik vorm in die Curriebekerreeks is Paige ter wille van “transformasie” sonder verdienste bo hom in die Bokspan ingesluit.

Paige het allermins Saterdag oortuig, en sy leemtes is wreed uitgewys toe Francois Hougaard op skrumskakel oorgevat het.

Coetzee se aanvanklike eerste keuse, Faf de Klerk, het ook intussen getoon hy is nog nie werklik vir toetsrugby opgewasse nie.

Die SA Rugbyunie (Saru) sê Bryan Habana (bobeen) en Jesse Kriel (lies) word steeds vir hul beserings behandel en sal so lank moontlik tyd gegun word om te herstel.

Damian de Allende (senter) en Malcolm Marx (haker) is terug in die groep, maar Lwazi Mvovo moes intussen `n blindedermoperasie ondergaan en sal nie betyds gereed wees nie.

Die 23-tal vir die Bokke se laaste toets in die Rugbykampioenskap teen die All Blacks op Kingspark sal Donderdag bekend gemaak word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lucas ·

Nou is Faf skielik nie opgewasse vir toetsrugby nie maar net 4 toetse terug was hy man van die wedstryd. Haai raai in ‘n toets!!!!!

Michael ·

Lucas ek stem saam met jou. Hy het ons basse gered in twee wedstryde. Ek dink wel sy selfvertroue het n bietjie pak gekry maar ek dink dis eenvoudig die span se spel patroon wat nie vir hom toelaat om te speel soos hy kan speel nie, niks met sy vermoe uit tewaai nie.

E le roux ·

Nee ek kan dit nie verstaan dat die skrywer Piet Van Zyl as die beste scrumskakel ag nie.ek stem saam dat Faf se verspreiding nie die beste was die laaste 2 wedstryde nie,maar hy het ons net n rukkie terug toetse laat wen.Die skrywer se kommentaar is deurspek met provinsialisme.Sal graag n Faf,Lambie kombinasie wil proef.

Hei Young ·

Nee Piet Ebersohn duidelik ken jy nie jou rugby nie ,dit is duidelik dat Faf onder instruksie speel ,skielik word hy gese om te skop in plaas van aanval ,Hy is die beste nr.9 in SA ,dink net hoe moet die arme man voel nadat hy vervang word met een van die swakse a.g.v kleur

Frans C ·

Dit is duidelik dat die Bokke niks verder gevorder het nie en moet terugval op ‘n eens suksesvolle patroon.Om soos die Leeus te speel moet almal inkoop by die patroon en dit verstaan, spelers afrigters die lot As dit nie gebeur nie help dit nie om spelers in ‘n spelpatroon in te druk wat hul nie pas nie en soos ‘n klomp amateurs laat lyk.

As dit nie werk nie moet die afrigter die eerbare ding doen en die spelers terugstuur na hul unie.Dit is ‘n skande dat spelers soos Mostert by die groep is en nie eers die plaasvervanger bank haal nie en dat Marx blameer word.

Dit is geen wonder dat spanne soos die Leeus drie tree vorentoe gaan en die nasionale afrigter hul vyf tree terug vat.

Johan ·

Piet van Zyl, oud Vrystater.. en nou sien ek Lood de Jager join ook nou die bulle…so praat geldsake…wie gaan na Lood…Ox Nche

Hasie ·

“Shame” nou is Piet van Zyl ewe skielik die beste skrumskakel, maar waar was hy laas week en die vorige weke? Daar is nie ‘n beroep skrumskakel in SA as Faf de Klerk nie. Hierdie ou het ‘n hart soos ‘n olifant. Sy aanvalle, sy verdediging, sy positiewiteit, hy is ‘n voorbeeld vir al die ander bokke. As almal speel in sy posisie soos Faf in syne, sal min spanne die Bokke klop.

Philip ·

En Paige is ook nie die enigste “transformasie keuse” in die groep wat absoluut nie “op vorm” is nie?!

Brittz ·

As hy die beste is tans wat ons het Gaan jy Saterdag n groot grap sien teen die All Blacks! Sterkte ou Bokwagter!!!

Lucky ·

Piet Ebersohn jy moet asb eers die rugby wedstryde kyk voordat jy sulke berigte skryf. As Piet van Zyl die beste skrumskakel is dan is Allistair Coetzee die beste afrigter in die wereld.

callie ·

Ek dink regtig Leeu ondersteuners moet ophou eenogig wees. Net Leeu spelers is volgens hulle goed. As die leeus die Super reeks wen kan hulle begin praat. Faf is maklik een van die swakker skrumskakels wat in jare vir bokke gespeel het. As n skrumskakel eers 2 of 3 tree hardloop, dwars oor die veld, los hom want hy vernietig enige kans wat die agterlyn gehad het. As n afrigter dit nie sien nie hoort hy ook nie daar nie

Jonathan Butler ·

Stem saam as hy die beste is sien ek groot moeilikheid- Wat n joke !!!!!!!!!!!!!

Takkie Takuuza ·

Ek staan oop-bek verbaas. Hy speel sy beste scrummie op 14.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.