Bewys tog vir Allister verkeerd

Johan Goosen (Foto GB Jordaan)

Johan Goosen (Foto GB Jordaan)

Dit kan die waterskeiding wees, want dis grootliks die Springbokspan wat die meeste ondersteuners van die begin af wou hê.

Hopelik sal die span wat vir Saterdag se toets teen Wallis gekies is, die kans met albei hande aangryp. Dis nou die kans om aan die Springbokafrigter, Allister Coetzee, te bewys dat hy rondgetas het sedert die eerste toets teen Ierland in Junie.

Dis nou die kans vir die spelers om op te staan enom te sorg dat hulle nie weer nulle op hul Bokrapporte kry nie.

Dis baie gevra om in 80 minute dit reg te kry, maar dit al voorheen in toetse gebeur toe die spelers op die wedstrydplan en die taktiek besluit het, en toetse gewen het. Dink maar terug aan die Wêreldbekerkwarteind in 1999 in die Stade de France toe Jannie de Beer die Engelse met vyf skepdoele gekelder het.

Dit was nie Nick Mallett se bloudruk nie, dis deur die spelers beplan, en reg uitgevoer.  Dit het nie in die halfeindstryd teen die Wallabies gewerk nie, maar die punt is gemaak.

Dis nou die kans om te bewys dat die spel wat die Lions in die Superreeks en die Vrystaatse Cheetahs opgedis is, die regte pad vorentoe is. Ja, die Lions het wel in die eindstryd teen die Hurricanes vasgeval, en ja, die Curriebekerreeks was wel afgewater, maar die spelers moes strykdeur die reekse die basiese beginsels reg uitvoer.

Draai die horlosie terug en vergeet hoe daar vir vier weke duiksakke vasgehou is en  weekliks na dieselfde verskonings geluister is.

Dit sal nie maklik wees nie, want baie van die spelers het weke laas saam gespeel. Hulle sal verroes wees en sal ontslae moet raak van opgekropte emosies. Hulle sal miskien te veel dinge wil probeer, maar dis die enigste kans om die pad vorentoe aan te dui.

Vergeet van ʼn gebrek aan toetservaring. Statistieke is op papier. Dit gaan oor hoe jy die bal vang, skop en uitgee en of jy drieë druk.

Dis wat in die kleedkamer gesê word, en dis wat op die veld gebeur.

Saterdag is die laaste kans om sake te probeer regstel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pietser ·

Gelukkig is Wallis tans net so vrot (verloor met 30 punte teen Australie en wen met 2 teen Japan). Ongelukkig kan hierdie gekose Bok-agterlyn nie verdedig nie, hulle kan net netbal speel. Ek is nogal verbaas dat Whiteley nie op senter ingespan is nie, hy staan permanent daar. Nog ‘n verloor.

Pietser ·

Gelukkig is Wallis tans net so vrot (verloor met 30 teen Australie en wen met 2 teen Japan). Ongelukkig kan hierdie gekose agterlyn nie verdedig nie maar kan net netbal speel (wat nie gaan werk op toetsvlak nie). Ek is nogal verbaas dat Whiteley nie op senter ingespan word nie, hy staan mos in elk geval permanent daar (ala Pierre Spies). Nog ‘n verloor.

Pietser ·

Gelukkig is Wallis tans net so vrot (verloor met 30 teen Australie en wen met 2 teen Japan). Ongelukkig kan hierdie gekose agterlyn nie verdedig nie maar kan net netbal speel (wat nie gaan werk op toetsvlak nie). Ek is nogal verbaas dat Whiteley nie op senter ingespan word nie, hy staan mos in elk geval permanent daar (ala Pierre Spies). Ek voorspel nog ‘n verloor.

Frans C ·

Hierdie agterlyn kan net werk as die pak voor domineer en momentum verskaf.Gebeur dit nie sal die agterlyn se verdediging op hul beste moet wees.

callie ·

Al domineer pak, voor die skrumskakels nie geleer het om dadelik the pass en nie eers 3-5 tree dwars te hardloop nie, gaan die agterlyn niks regkry nie. Gebeur vinnige bal wel sal Francois Venter die held wees. Ruhan trek altyd 2 manne en kry sy offload gemaak. As hy goeie bal kry lyk enige buitesenter na wereldklas. Groot probleem bly Janties. As opskiet verdediging gaan gebeur en hy is onder druk gaan hy weer die kluts kwytraak soos in die super 15. Nisaam Karr hoort ook nie daar. Du Preez moes van begin af gespeel het.

Frans C ·

Dit was nog altyd ‘n kenmerk van Springbokrugby,toe dit nog Springbokrugby was, dat die pak voorlangs beheer oorgeneem het en as dit agterlangs sukkel hul besit behou en met goeie samespel tussen losvoorspelers drieë druk waarvan agterspelers net kan droom.

What a joke ! ·

Ja dis miskien n beter span maar sonder afrigting of strategie is hul maar steeds afkop hoenders wat orals skarrel!!! AC en kie is n baie baie baie groot probleem!!! Die AFRIGTING EN SARU LOT is om die minste te se CLUELESS! Goosen is goed baie goed en gaan ver kom as hy kans gegin word om homself te vestig as LOSSKAKEL en Van Rensburg moes lankal terug daar gewees het maar ou AC MET SY OOGKLAPPE, maar ek stem as jy nie voor die fondamente kan le nie good luck!!!

Nico ·

Bokke kan net ‘n kans hê as Leeu en Cheetah spelers beheer oorneem want AC weet nie daarvan om span anders te laat speel as skop en hulself disnis hardloop teen teenstanders nie.

Etienne ·

Die hoeveelheid spelers wat op Cravenweek vlak , SA verlaat behoort ‘ n klinklaar antw. te verskaf hoekom die Bokke so tjommel.Ons het die mag – boikot die toetse, hou op om die Springbok franchise te ondersteun en kyk hoe vinnig kom hul tot inkeer.Kan jy jou indink hoe lyk ‘n toets wat deur ‘ n paar honderd mense ondersteun word ? Dit behoort die boodskap baie hard en duidelik uit te spel !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.