Beyers en RG Snyman terug vir die Blou Bulle

Ulrich Beyers - terug by die Blou Bulle (Foto GB Jordaan)

Ulrich Beyers – terug by die Blou Bulle (Foto GB Jordaan)

Ulrich Beyers, wat in 2014 laas vir die Blou Bulle gespeel het, is Saterdag in Bloemfontein hulle heelagter in die Curriebekerwedstryd teen die Vrystaat Cheetahs.

Daar is vir die Blou Bulle die verdere goeie nuus dat RG Snyman ook nou weer slaggereed is en op die bank in die plek van Eli Snyman is.

Beyers neem die plek in van Bjorn Basson wat verlede week teen die Westelike Provinsie heel skaflik in die laaste vesting gevaar het. Die Springbokvleuel skuif egter nou terug na sy gunstelingposisie in die plek van jade Stighling wat in die wedstryd teen die WP beseer is.

Op senter is Dan Kriel in die beginspan in die plek van die beseerde Dries Swanepoel.

Duncan Matthews neem Kriel se plek op die bank in en Edgar Marutlulle, woelwaterhaker wat vir die Lions, die Luiperds en ook die Southern Kings gespeel en laasgenoemde twee spanne aangevoer het, is ook op die bank.

Saam met hulle langs die veld is Martin Dreyer en Joshua Stander, onderskeidelik in die plekke van Mxoli en Tony Jantjies.

Blou Bulle –

Ulrich Beyers, Bjorn Basson, Dan Kriel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Piet van Zyl, Arno Botha (kapt.), Jannes Kirsten, Ruan Steenkamp, Marvin Orie, Jason Jenkins, Entienne Swanepoel, Jaco Visagie, Pierre Schoeman. Bank: Edgar Marutlulle, Martin Dreyer, RG Snyman, Hanro Liebenberg, Andre Warner, Joshua Stander, Duncan Matthews.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae