Bid jou aan! Die Springbokke speel in rooi teen die Poemas… en ons bekommer ons oor die Curriebeker te gronde gaan.
Die SA Rugbyunie (Saru) het Dinsdag bekend gemaak dat “25 jaar van rugby-eenheid met ʼn trui in die rooi van die SA vlag gehuldig word” wanneer die Bokke op 26 Augustus in Salta teen Argentinië kragte meet.
Die rooi trui voltooi glo ʼn legkaart van speel- en oefenklere wat spesiaal vir 2017 ontwerp is, en al die kleure van die vlag insluit.
Jurie Roux, die hoof- uitvoerende beampte van Saru beskou die vlagkleure as ‘n samebindende faktor.
Of die lojale Bokondersteuners wat die trui betref met hom sal saamstem, is ʼn ander saak.
Of dit op hierdie wyse hoegenaamd eenheid kan “bevorder”, is ʼn kwessie op sy eie.
Feit is, dis nog ʼn trotse Suid-Afrikaanse tradisie, meer as ʼn honderd jaar oud, wat op die altaar gelê word deur rugbybase wat al hoe minder vir die land se rugby-erfdeel omgee.
Dink net aan die arme speler vir wie dit dalk sy enigste Boktrui kan wees.
BELAGLIK!!
Eenheid…??? Duidelik volg hulle nie die publiek se komentaar op sosiale media nie…
Geldmaak dus waarom maak rooi truie en almal koop dit
Ons rugby word ‘n alhoe groter sirkus soos ons regering. Rugby en verdienste en tradisie tel nie meer nie net alhoemeer onderdanigheid aan ‘n korrupte regering maar nog steeds is daar ‘n klomp fools wat dit teenstaan maar tog in hul duisende opruk stadions toe of dstv aandkaf net om na die sirkus te kyk.
Die enigste rede vir die rooi truie is sodat niemand kan sien hoe hul bloos waneer hulle sleg verloor.
Hulle ondersteun die EFF
nog n rede om weg tebly van die stadions af dan kan jurie sien dat sy droom vir n vark plaas in palistina gaan net n droom bly
Die rooi truie herhinner Jurie Roux aan Maties truie waar hy sy miljoene gemaak het.
Vat die groen en bok emblem net weg asb wat dis nie meer n springbok span nie dis n gemors wil nuweland toe gaan maar gaan wegbly gaan ook nie tv kyk nie
Ag shame.. dis net een wedstryd in daardie trui en almal huil en teem. Wanneer gaan mense leer om nie met 100% negatiewe oë na alles in die lewe te kyk nie? Dis mos net een wedstryd, nie ‘n vaste instelling nie, so wie gee om?
Van Zyl soos jy kan sien uit kommentare gee baie om.
Al die Bokke droom om eendag vir die Leeus te speel. Hulle gaan dit geniet in die rooi.
Hulle wil graagsoos die leeus lyk
As dit dan moet verander,, maak ‘n mooi ontwerp wat al die kleure verteenwoordig en hou by 1 trui. Ons lag het immers ‘n heel aanvaarbare kombinasie