Bismarck du Plessis se rooikaart word teruggetrek

Die dissiplinêre verhoor teen Bismarck du Plessis het gelas dat die rooikaart van sy rekord verwyder word nadat Gerrie Swart, Bismarck se regsverteenwoordiger, gevra het vir ‘n bespoediging van die speler se verhoor.

Bismarck du Plessis verlaat die veld met 'n rooikaart. Foto: Andrew Cornaga Photosport

Bismarck du Plessis verlaat die veld met ‘n rooikaart. Foto: Andrew Cornaga Photosport.

Die regsbeampte wat die saak telefonies aagehoor het, Terry Willis van Australië, het die rooi kaart van die rekord van du Plessis laat verwyder, het SANZAR Maandag bevestig. Du Plessis het ‘n rooikaart ontvang in opvolging van twee geelkaarte (in die 17de en die 42ste minuut) gedurende die toets tussen die Springbokke en die All Blacks Saterdag in Auckland, Nieu- Seeland

Die SANZAR regsbeampte, Terry Willis was bygestaan deur die voormalige beroepspeler David Croft van Australië.

Voorleggings ter getuienis is met videomateriaal gedoen en die regsbeampte het beslis dat die skeidsregter, Romain Poite, verkeerd was om ‘n geelkaart uit te reik vir die duikslag deur Du Plessis op Dan Carter. Die duikslag was wettig volgens die spelreëls.

Daar is ook geen verdere strafsanksie teen die speler uitgemeet nie maar die geelkaart bly staan op sy rekord vir die res van die Rugbykampioenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erich Goosen ·

Ek dink die Franse ref se lidmaatskap as lid van die menslike ras moet ook opgeskort word.

Elize Grensemann ·

Dit was nou absoluut net die kersie opi koek!G’n wonder hulle trek al ons Goeie spelers om hulle rugby te kom leer speel nie!Dat ons arme Bokke nou so beroof moes word!Maar dis ok 5 Oktober sal dit Pay Back wees!GOO BOKKE!!

Simon Riekert ·

Elize, wat dink jy gaan gebeur op Nuweland eerskomende Saterdag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.