Bismarck ry wipplank met Adriaan vir toets

Bismarck du Plessis (Foto: GB Jordaan)

Bismarck du Plessis (Foto: GB Jordaan)

Bismarck du Plessis op haker en Schalk Burger op agsteman as Duane Vermeulen nie fiks is nie – dis al verandering aan die Springbokspan wat Australië geklop het vir Saterdag se toets teen die All Blacks.

Vermeulen herstel van `n ribbesering en sal tot Saterdagoggend gegun word om sy plek in te neem. As hy nie fiks is nie, sal Burger agsteman speel, met Warren Whiteley in sy plek op die bank.

“Dis lekker om kontinuïteit te hê en ons sal Duane soveel tyd moontlik gee voordat ons die finale roep maak. Schalk en die res van die bank het verlede naweek `n groot impak gemaak,” het Meyer gesê.

“Ons het besluit om Bismarck op haker met Adriaan te roteer. Ek dink albei tel onder die beste hakers in wêreldrugby.

“Ons sal Saterdag op ons beste moet wees, sterk verdedig en ons aanvallende spel so afgerond as moontlik speel.”

Dit sal Jean de Villiers se 50ste wedsryd in die Rugbykampioenskap wees, meer as enige ander Springbok. Lwazi Mvovo is weer vrygestel om vir die Sharks te speel.

Die span is:
15 Willie le Roux, 14 Cornal Hendricks, 13 Jan Serfontein, 12 Jean de Villiers (kaptein), 11 Bryan Habana, 10 Handré Pollard, 9 Francois Hougaard, 8 Duane Vermeulen / Schalk Burger 7 Oupa Mohoje,  6 Marcell Coetzee, 5 Victor Matfield, 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Bismarck du Plessis, 1 Tendai Mtawarira.
Bank:
16 Adriaan Strauss, 17 Trevor Nyakane, 18 Marcel van der Merwe, 19 Bakkies Botha, 20 Schalk Burger / Warren Whiteley, 21 Cobus Reinach, 22 Pat Lambie, 23 JP Pietersen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.