Bismarck sê wéér jammer, maar Sharks straf hom

Gary Gold - trek die streep by vuilspel (Foto: bbc.co.uk)

Gary Gold – trek die streep by vuilspel (Foto: bbc.co.uk)

`n Mens wonder of Bismarck du Plessis se jongste verskoning oor sy wangedrag op die rugbyveld die papier werd is waarop dit geskryf is.

Dis skaars twee weke sedert hy ewe hartroerend vir `n ander voorval verskoning gevra en beloof het hy sal hom beter gedra.

Die Sharks het weer eens `n verklaring uitgereik om Du Plessis, die Springbokhaker en Sharkskaptein, se oënskynlike berou van die dakke af te verkondig.

Hierdie keer gaan hy glo die vier weke wat hy geskors is omdat hy `n teenstander teen die kop geskop het, gebruik om hand in eie boesem te steek.

Nou ja, sien is glo en `n mens sal maar moet wag en kyk hoe dit vorentoe gaan.

Wat dalk meer gewig dra, is die feit dat die Sharks, luidens die verklaring, benewens die skorsing van Sanzar-kant af Du Plessis `n verdere straf opgelê het. Besonderhede daarvan is nie bekend gemaak nie.

Gary Gold, die Sharks se rugbydirekteur, sê in die verklaring hy sal sy spelers altyd in moeilike tye steun, maar hy trek `n streep by vuilspel.

“Dissipline op en van die veld af is ononderhandelbaar en deursklaggewend vir sukses.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico ·

Ek wil graag die vuilspelers se verhore doen. Ek wil Bismark en die ander permanent skors. Hulle mag ook nie in ander hoedanighede dien nie.

Henry ·

Bismarck en sy oordrewe aggressie is ‘n verleentheid vir rugbyspelers en volgelinge.
Laat hy sy loopbaan as skopbokser voortsit.
Het nie sulke piete in ons Springbokspan nodig nie.

*Chris ·

Bakkies Botha word 8weke geskors toe hy ‘n speler met die skouer loop in ‘n losgemaal maar die Chiefs se haker word net ‘n week geskors. Wonder of dit regverdig is? Stem Bismarck kan nie ‘n speller skop nie en sy skorsing is regverdig. Hys nou ‘n gemerkte speler en gaan in die Wereldbeker gebrandmerk wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.