All Blacks mik na wêreldrekord

new_zealand_all_blacks[1]Niemand kan stry dat die All Blacks, geoordeel op hul vertonings die afgelope twee of drie jaar, die wêreld se nommereenspan is nie. Hulle is ook die Wêreldkampioene  en behoort teen Saterdag ook die rekord vir die meeste agtereenvolgende toetsoorwinnings agter hulle naam te kan skryf.

Op die oomblik deel die huidige span  die rekord van 17 agtereenvolgende toetsoorwinnings  met hulle spanne van 1965-69 en met die Springbokke wat dit (grootliks) onder Nick Mallett in 1968-’69 reggekry het.

Die All Blacks se oorwinnings is, soos die vorige twee gesamentlike rekordhouers, ook nie teen hierjy-spanne behaal nie. Selfs Japan het al byna vir Wallis in `n reeks geklop.

Kyk bietjie hier:
2014 vs Engeland – wen 36-13
2014 vs Engeland – wen 28-27
2014 vs Engeland – wen 20-15
2013 vs Ireland – wen 24-22
2013 vs Engeland – wen 30-22
2013 vs Frankryk – wen 26-19
2013 vs Japan – wen 54-6
2013 vs Australië – wen 41-33
2013 vs Suid-Afrika – wen 38-27
2013 vs Argentinië – wen 33-15
2013 vs Suid-Afrika – wen 29-15
2013 vs Argentinië – wen 28-13
2013 vs Australië – wen 27-16
2013 vs Australië – wen 47-29
2013 vs Frankryk – wen 24-9
2013 vs Frankryk – wen 30-0
2013 vs Frankryk – wen 23-13

Die All Blacks speel Saterdagoggend in hul eerste wedstryd in die huidige reeks teen die Wallabies, ‘n wedstryd waarin die Bledisloebeker ook op die spel is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.