All Blacks se afrigter Steve Hansen meen Bismarck se rooi kaart was regverdig

Bismarck du Plessis loop soos 'n stoomtrein deur Dan Carter. Foto: Getty Images

Bismarck du Plessis loop soos ‘n stoomtrein deur Dan Carter. Foto: Getty Images

Die All Blacks se afrigter, Steve Hansen, beweer die skeidsregter, Romain Poite, was reg om die Bokke se haker, Bismarck du Plessis, van die veld af te jaag vir vuilspel.

Du Plessis het die 17de minuut ‘n geelkaart gekry vir ‘n skouerlopie op die All Blacks se losskakel, Dan Carter.  Toe ‘n tweede geelkaart in die 43ste minuut uitgepluk word, is dit outomaties verander in ‘n rooie. Du Plessis het met die bal op die All Blacks se Nr.6-flank, Liam Messam, afgestorm en hom met die elmboog op die keel gestamp.

Kykweer aksieskote het gewys dat nie een van die twee insidente ‘n geelkaart verdien het nie en dat Poite heeltemal die kluts kwyt was.

Desnieteenstaande moes die Bokke vir 47 minute met 14 manne speel weens Poite se interpretasie van die insidente en sy onvermoë om die reël met die insident te verbind.

Hansen het op die nabetragtingsvergadering die twee insidente probeer wegpraat en regverdig.

Hoe hy dit oor sy hart gekry het om te erken dat Du Plessis ongelukkig was om ‘n geelkaart vir die eerste insident te kry bly ‘n raaisel, want sy mantel het vinnig omgeswaai toe hy bevestig het dat die Fransman reg was met sy tweede geelkaart beslissing.

Klaarblyklik glo Hansen werklik dat die All Blacks die oorwinning op hul eie reggekry het.

“Dit was ‘n mal toetswedstryd en jy sal altyd sulke oomblikke hê,” het Hansen gesê. “Die skeidsregter moet sulke beslissings in die omstandighede neem.”

‘”Bismarck was ‘n klein bietjie ongelukkig om ‘n geelkaart te kry vir sy duikslag op Dan, maar dis rugby, jy moet daarmee saamleef,” het hy gesê en verwys na die All Blacks se eie twee geelkaarte in die tweede helfte.

Dit beklemtoon egter die feit dat Bismarck se eerste geelkaart ‘n reusefout was en dat die tweede (die rooie) nie toegeken sou gewees het as dit nie vir Poite se eerste mistasting was nie. Hansen het ook gesê dat die lopie op Messam ‘n onmiddellike afstuur geregverdig het.

“Kom ons stuur weg van die beroof af,” het hy gesê. “Ek dink nie dis wettig om iemand met die elmboog teen die keel te slaan nie. Die skeidsregter kon vir hierdie voorval op sy eie ‘n rooikaart uitgedeel het,” het Hansen gesê.

Die Bokke se afrigter, Heyneke Meyer, wou nie die skeidsregter se beslissings as rede vir sy span se nederlaag aangee nie.

“As jy begin verskonings maak namens jou span, begin die span ook verskoning maak. Daar was baie dinge wat nie goed genoeg was nie, selfs nie toe ons 15 spelers gehad het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trevor Henn ·

Wat we’ll algemeen bekendis, is dat die All Blacks volgens een stel reels speel en dat die res van die wereld hulle eie stel spel reels het. Die algemene skeidsregters standaard regoor die wereld is swak. I n Suid Afrika is dit ook nie anders nie, ons plaaslike blasers maar week in en week uit erenstige blabse ten spyte van die feid dat hulle tegnologie het om op staat te maak. Ongelukkig is die klom wat agter die kamera sit en na die voorvalle loer net so onbevoeg aangesien hulle die beslissings aanhoudend verkeerd kry.
Die huidige spel reels en die toepassing daarvan deur klein mannetjies met fluitjies is besig op die skouspel van rugby te vernietig.Die kyker getalle regverdig dit.
Ongelukkig kan ek nie sien dat dit gou sal verander nie. N sekere Mnt Watson vertel altyd hoe daar teen swak blasers opgetree word en watse evalusie prosesse hulle na wedstryde moet deurgaan!!!! Dit is duidelik dat daardie prosesse niks beteken nie want dit is week na week dieselfde klein mannetjies, wat duidelik as kinders geboelie was en as volwassenes aan minderwaardigheids komplekse lei, wat die fluitjies blaas en in die proses hul eie ego’s streel!!!!!!!
Rugby gaan n stadige dood sterf wat kyker getalle betref, en daarvoor kan ons nie eers vir Malema en sy EFF blameer nie!

Simon Riekert ·

Trevor, goeie punte wat jy maak. Lees gerus ons artikel waar ons Jaco Peyper voorstel. Dis maar ‘n warm oond daardie een in die middel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.