Blasersdruk op Sanzaar; SA beamptes ‘verdag’

Daar is kwaai druk op Sanzaar om raak te vat met die blasers vir die Superrugby-eindstryd, skryf The New Zealand Herald Sondag.

Gepaardgaande daarmee word Suid-Afrikaanse beamptes by voorbaat verdag gemaak met die stelling dat “[Jaco] Peyper en sy assistente Rasta Rasivhenge, Marius van der Westhuizen en die TV-skeidsregter Marius Jonker betrokke was by ʼn paar belangrike beslissings wat teen die besoekers getel het”.

Boonop word gereken die vertoning van die SA beamptes in die wedstryd tussen die Stormers en die Blues “het op sigself gedreig om die integriteit van die reeks in gedrang te bring”.

In wat lyk na ʼn klassieke stukkie Nieu-Seelandse sielkundige oorlogvoering wys die blad daarop dat die Australiër ʼn goeie seisoen met die fluitjie beleef het, en die gunsteling behoort te wees om die wedstryd op Ellispark te beheer.

Hy was ʼn assistent-skeidsregter by die halfeindtryd tussen die Crusaders en die Chiefs, “en dit sal verras as hy nie die hooftaak by die grote kry nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nic ·

Hoe bly is ek nou dat my span, die Cheetahs, nie meer betrokke is by hierdie klug van ‘n kompetisie wat net na die new Zealand Rugby se pype dans. Vaarwel selfbehepte landjie!

Nico ·

Sal enige iets doen om te wen new zeeland is net so agterbaks soos australia hulle kan dit nie vat as hulle ore aangesit word nie elke wedstryd volenteer tenminste 2 geelkaarte soos hulle obstruksie en onkant speel viva die lions

pbotha ·

As jy n speler per abuis in die lug tackle kry jy geel. As jy wegrol uit n losskrum en jy speel per abuis die bal..soos in Barrett se geval…kry jy geel. Die reels het nie plek vir “per abuis” nie. Dus, jammer vir jou Barrett..jys n smart en eerlike speler, maar jyt geel verdien. Peyper..jyt n goeie game geblaas. Ek is fanaties Blou…maar ou Rooibontes…jul maak die nasie trots. All Blacks…jul het gekry wat julle al jare uitgedeel het. Vat die hou biki opi ken man .. nie altyd so teem nie. Maak Ellispark vol asb!! Dit gaan lekker wees.

Henk Stander ·

Hoor! Hoor vir Pbotha! NZ spelers is konstant besig met klein stekies in wedstryde. Hulle hang aan spelers wat niedie bal het nie, hulle tackle altyd die skopper na hy geskop het sodat hy nie sy eie bal kan opvolg nie. Hulle byt, trek hare skop in die scrums. Hulle doen al hierdie dinge al vir jare. Barret het verseker daardie bal met opset tussen sy bene vas geknyp en toe met ń duidelike agtertoe beweging na sy span gewip. Dit is ń geelkaart. ń Land wat Bryce Lawrence aanslaan as ń goeie skeidsregter moet eerder stilbly oor ander skeidregters.

Henk ·

Waarom nie ‘n europese skeidsregter aanstel nie? Dis dan heeltemal “neutraal” aangesien hy nie van enige van die betrokke lande afkomstig is nie. En dan MOET ek my eier le – mense soos Naas Botha en Nick Mallet moet hulle self weerhou daarvan om uitlatings oor skeidsregters te maak. Hulle is die voorlopers in die kommentatorhok om teen SA skeidsregters op te ruk. Hulle het baie te se gehad oor die naweek se geelkaart teen Barret. Laat ek dit maklik maak, as jy wegrol/ wegskuif van die tackle af, sal jy gebruik maak van jou bene as jy in die rigting beweeg waarin Barret beweeg het. Jy sal met jou voet of voete op die grond vastrap en wegskuif of wat in Barret se geval die maklikste was, jy sal na jou linkerkant toe rol om uit die posisie te kom. Hy het goed geweet die bal is tussen sy bene en dit was sy intensie om daardie bal na sy kant te kry. Kyk na elke losskrum van alle NZ wedstryde, die spelers staan op hulle tyd en in die skrumskakel se spasie, op om uit die tackle te kom. Of hulle rol weg in die rigting van die opponent se skrumskakel. Hulle is meesters hierin. NZ vergeet hoe hulle eie Paddy O’ Brien SA spanne uit wedstryde verneuk het. Hulle en ons kommentators is dalk nie sulke groot rugbykenners soos hulle voorgee nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.