Bledisloe: All Blacks nie regtig deur die Wallabies getoets nie

Verlede jaar het die All Blacks die derde Bledisloe-toets teen die Wallabies verloor, maar Saterdag het die wêreld se beste span op ʼn (darem effens vinnige) drafstap die derde van vanjaar se drie in Yokohama in Japan met 37-20 gewen.

Die Wallabies het hier en daar stukkies mooi spel uitgestal, ʼn keer of wat gedreig om in die haal teen die All Blacks maar dit met ʼn geel kaart in die laaste kwartier gaan staan en bederf, en uiteindelik het die Nieu-Seelanders gewys dat hulle nie só groot geskrik het of ontwrig is deur die laaste twee taai wedstryd teen die Springbokke nie.

Vyf drieë teen twee, met Beauden Barrett wat een gedruk en 17 punte aangeteken het, is genoeg bewys van die All Blacks se oorheersing in ʼn wedstryd wat goeie hardlooprugby opgelewer het maar aan werklike vuur ontbreek het.

Die rustydtelling was 17-10 in die All Blacks se guns en hulle het in die tweede helfte nog 20 punte teen 10 aangeteken om  hul heerskappy in te vryf.

Puntemakers ‒

Nieu-Seeland (17) 37: Drieë: Liam Squire, Kieran Read, Beauden Barrett, Ben Smith, Rieko Ioane. Doelskoppe: Beauden Barrett (3). Strafdoele: Barrett (2)
Australië (10) 20: Drieë: Sefa Naivalu, Israel Folau. Doelskoppe: Bernard Foley (2). Strafdoele: KurtleyBeale, Foley.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lötter vd Mescht ·

Rassie moet kyk na manne wat op vorm is ,maar die rassie kaart laat hom nie toe nie,hy kan dan kyk na manne soos Kwagga,en die du Preez broes,Lionsl Cronje wat in Japan speel en wat goeie rugby speel

Derick ·

Al wat ek kan se as n trotse All Black ondersteuner: Go ALL BLACKS!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.