Blitsbok-armada nog op koers in Spanje

Selvyn Davids op die aanval. Foto: Twitter via Springbok Sevens.

Die VSA het vanmiddag alles in die stryd gewerp teen die Blitsbokke in Sevilla, maar die Suid-Afrikaners het steeds die kragmeting met 24 – 19 gewen.

Die Amerikaners se kaptein, Kevon Williams, het twee drieë binne die eerste sewe minute gedruk om vir ’n rustydvoorsprong van 12 – 7 te sorg.

Maar ’n span moet deesdae vir ’n volle wedstryd vonkelrugby speel om die Blitsbokke te troef en Christie Grobbelaar het saam met Shaun Williams die Amerikaners op die agtervoet geplaas.

Die Suid-Afrikaners het nou al 31 agtereenvolgende wedstryde gewen en hulle speel later vanaand (20:07) teen Skotland in die toernooi se bekerkwarteindstryd.

Die Blitsbok-armada is ongetwyfeld op koers om nóg ’n trofee te wen.

Puntemakers teen die VSA: Drieë: Shaun Williams (2), Dewald Human en Christie Grobbelaar.

  • Vroeër vandag het die Suid-Afrikaners 28 onbeantwoorde punte aangeteken om Spanje met 33 – 12 in hul openingswedstryd te klop.

Die Spanjaarde het goed gespeel en selfs met 12 – 7 voorgeloop, maar Selvyn Davids het die Blitsbok-herlewing met ’n goeie drie ingelui.

Puntemakers teen Spanje: Drieë: Mfundo Ndhlovu, Selvyn Davids (2), Ryan Oosthuizen en Zain

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.