Blitsbok Kwagga in Lions se Supergroep

Kwagga Smith (youtube

Kwagga Smith (youtube

Die Blitsbokke se Kwagga Smith is ingesluit in die Lions se Supergroep van 40 spelers wat Donderdag bekend gemaak is en Warren Whiteley is amper vanselfsprekend weer as kaptein aangewys.

Smith is geen nuweling nie. Hy het net drie Superwedstryde agter die rug sedert hy in 2015 die eerste keer gekies is, maar sy verpligtinge vir die Blitsbokke het grootliks verhoed dat hy meer male beskikbaar was.

Hy het verlede jaar die Curriebekerspan aangevoer.

Een van die vernaamste probleme met Smith se keuse is dat hy die afgelope vyf jaar kwalik ruskans tussen seisoene gehad het, soos hy self in ʼn onderhoud erken het,

Ackermann-hulle saam met die kondisioneringsafrigter Cash van Rooyen sal ongetwyfeld seker maak dat hulle nie in hierdie slaggat trap nie.

Elton Jantjies is die enigste spesialis-losskakel met ervaring op die vlak in die groep. Soos Smith het hy al heelwat aanhoudende rugby agter die blad. Sy adjudant in die groep is Shaun Reynolds, verlede jaar se o.21-losskakel, met die twee heelagters in die groep, Andries Coetzee en Jaco van der Walt, wat ook hier kan instaan.

ʼn Interessante en goeie keuse is die slot Marvin Orie, ʼn voormalige kaptein van die Junior Bokke. Hy het met die Bulls en Blou Bulle se slotdiepte die afgelope jare slegs 10 Superwedstyde gespeel maar verlede jaar in  die Curriebekerreeks eers werklik tot sy reg gekom.

Hacjivah Dayimani, onder 20-losvoorspelers wat die SA Skolespan in 2015 en verlede jaar die Goue Leeus se o.19s verteenwoordig het, is met sy beweeglike 100 kg en 1,88 m duidelik ʼn man wat vir die toekoms grootgemaak word.

Lionsgroep –

Heelagters: Andries Coetzee, Jaco van der Walt.
Vleuels: Ruan Combrinck, Sylvian Mahuza, Courtnall Skosan, Madosh Tambwe, Anthony Volmink.
Senters: Rohan Janse van Rensburg, Lionel Mapoe, Howard Mnisi, Jacques Nel, Harold Vorster.
Losskakels: Elton Jantjies, Shaun Reynold
Skrumskakels: Ross Cronjé, Faf de Klerk, Dillon Smit.
Losvoorspelers: Ruan Ackermann, Fabian Booysen, Cyle Brink, Hacjivah Dayimani, Jaco Kriel, Robert Kruger, Kwagga Smith, Warren Whiteley (k).
Slotte: Lourens Erasmus, Andries Ferreira, Franco Mostert, Marvin Orie.
Hakers: Robbie Coetzee, Malcolm Marx, Akker van der Merwe.
Stutte: Justin Ackerman, Ruan Dreyer, Corné Fourie, Johannes Jonker, Sti Sithole, Dylan Smith, Jacques van Rooyen, Hencus van Wyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LIONS ·

Vat hom Manne, sien sommer uit na die jaar. Sterkte met die seisoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.