Blitsbok lei Cheetahs in Curriebekerveldtog

Chris Dry – nuwe kaptein. (Foto: Facebook)

In die lig van sy keurbende se deelname aan die Europese Pro14-reeks het die Vrystaat Cheetahs ʼn Blitsbok aangewys om die span se voortgesette Curriebekerveldtog aan te voer.

Die flank Chris Dry dra die kapteinsmantel wanneer die bond se naasbestes hul onoorwonne voorgangers se skoene Saterdag in Durban teen die Sharks moet vol staan.

Hy is een van slegs sewe spelers in die 22-tal wat reeds vanjaar speelkans in die Curriebekerreeks gekry het.

Die Springbok Daan Human, bygestaan deur MJ Smit (agterlyn) en Albert Keuris (vaardigheid), sal die Curriebekerspan afrig in die tydperk wat die twee reekse oorvleuel.

Franco Smith, die Cheetahs se afrigtingsdirekteur, sal albei spanne ten opsigte van vaardigheid, strukture en strategie bystaan.

Die span –

15. Reinhardt Erwee, 14. Carel-Jan Coetzee, 13. JW Jonker, 12. Stephan Janse van Rensburg, 11. Luther Obi, 10. Ryno Eksteen, 9. JP Smith, 8. Jasper Wiese, 7. Chris Dry (kaptein), 6. Junior Pokomela, 5. Dennis Visser, 4. Nicolaas Immelman, 3. Luan de Bruin, 2. Reinach Venter, 1. Gert Kotzé. Bank: 16. Elandré Huggett, 17. Andrew Kuhn, 18. Sibabalo Qoma, 19. Ntokoza Vidima, 20. Daniël Maartens, 21. Dian Badenhorst, 22. Marco Mason.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.