Blitsbok-vuurwerke in Dubai

Die Blitsbokke het die Dubai-sewestoernooi gewen nadat hulle 15-0 met Nieu-Seeland in die beker-eindstryd klaargespeel het. )Foto: Twitter)

Dit is tans lekker om Suid-Afrikaanse rugby te kyk; nie net het die Springbokke die vyftienman-Wêreldbeker in Japan gewen nie, die Blitsbokke het ook so pas met die louere by die Dubai-sewestoernooi weggestap.

En Siviwe Soyizwapi se span het die eindstryd ordentlik oorheers om met 15 – 0 met Nieu-Seeland af te reken.

Hoewel die eerste helfte nie vir veel punte gesorg het nie, het die Blitsbokke in die Nieu-Seelanders se gebied geboer.

Chris Dry het so amper die Suid-Afrikaners se eerste drie gedruk, maar hy het ’n paar sentimeter voor die doellyn die bal verloor.

Soyizwapi het egter net voor rustyd die eerste punte van die wedstryd aangeteken toe hy al langs die kantlyn af sy ore platgetrek het en hakskene vir die verdedigers gewys het.

In die tweede helfte het die Blitsbokke stelselmatig hul stempel al harder op die wedstryd afgedruk en Dry het saam met Seabelo Senatla vir nog twee Suid-Afrikaanse drieë gesorg.

Neil Powell se span het die toernooi onoorwonne afgesluit nadat hulle vir Kenia, Spanje, Engeland, Argentinië, Samoa en Nieu-Seeland gewen het.

  • Die SA Akademiespan het in hul toernooi met die silwerware weggestap nadat hulle die Rambling Jesters met 28 – 12 gewen het. Angelo Davids het drie drieë in dié wedstryd gedruk.
  • Engeland het die beker-bronsmedaljewedstryd teen Samoa gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

aj ·

Uitstekende vaardighede, topfiks en gedissiplineerd!

“Poetry in motion!”

Welgedaan Blitsbokke!

Frans C ·

Neil Powell het weereens bewys dat hy as afrigter van die 7s nie sy gelyke het nie en
sonder ander groot name wat in die SA Akademiespan is,sukses kan behaal met spelers wat soos die15man Bokke, inkoop met hart en siel in sy wedstrydplan.

Mag die span van krag tot krag gaan.

bokka ·

Kwota power. Lyk my enige Bok-span presteer onder ‘n swart kaptein.

Fans C ·

Wat weereens bewys hoe goed wit afrigters is,of hoe Bokka.

Werner ·

Bokke, probeer harder, niemand steur hulle aan jou “small things amuses small minds” nie.

Frank ·

Hoor, hoor, hy soek altyd moeilikheid. Onthou sy voorspelling van die ruby eindstryd? Ha-ha…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.