Blitsbokke bly op koers, al is daar spoedhobbels in hul pad

Stadion in Hongkong (Foto: @BlitzBoks/Twitter)

Die frustrasie op die gesig van die Blitsbokke se afrigter, Neil Powell, het ’n verhaal vertel, hoewel dit op die oog af nie eintlik nodig was nie. Hoekom dan kla as jy met 26-12 wen?

Die Blitsbokke het Saterdagoggend in Hongkong steeds op koers gebly om onoorwonne in die groeprondes van dié toernooi te bly toe hulle Skotland maklik met 26-10 geklop het nadat hulle rustyd met 12-0 voor was.

Nadat die Blitse Vrydag hul eerste kragmeting met Japan (ietwat onoortuigend) met 22-7 gewen het, is die droom van ʼn eerste toernooisege in Hongkong binne hul bereik.

Aan die positiewe kant was die vier drieë (deur Selvyn Davids, Stedman Gans, Ryan Oosthuizen en Branco du Preez) teen die Skotte juwele, maar die twee drieë (Jamie Farndale en Tom Brown) wat die Bokke afgestaan het nadat hulle met 26-0 voor was, is ʼn effense bron van kommer. Só ook die rits strafskoppe wat die Blitsbokke by die afbreekpunte afgestaan het en een of twee duikslae wat verbrou is.

Dit het Powell sy kop laat skud, want sy vlugvoetige snellers het die vermoë om enige verdedigingspatroon aan flarde te ruk, maar kort steeds die nodige afronding.

Die besluit om Werner Kok as voorspeler in te span, is ook besig om die nodige vrugte af te werp en dalk kan al die stukkies van die legkaart in die Blitsbokke se laaste groepwedstryd teen die fisieke Samoa en later ook in die uitspeelwedstryde in die regte plekke val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George in Bloem. ·

En dan gaan verloor hulle sommer op ‘n drafstappie teen die VSA en Argentine? Pffffftttt. Pateties man. Steeds ontwyk die Hong Kong titel hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.