Blitsbokke deur na beker-eindstryd

Foto: JC Pretorius druk een van die Blitsbokke se drieë in Sydney. Hulle speel om 11:56 teen Fidji in die bekereindstryd. (Foto: Twitter)

Nadat hulle in die groepfase met Argentinië, Frankryk en Samoa afgereken het, het die Blitsbokke vanoggend met die VSA in die bekerhalfeindstryd klaargespeel.

In die vorige ses halfeindstryd-ontmoetings tussen dié twee seweslande kon die Amerikaners nog nie een keer die Suid-Afrikaners troef nie. En vandag in Sydney het die geskiedenis homself beslis weer herhaal met die Blitsbokke wat welverdiend met 19 – 12 gewen het.

Stedman Gans se span speel nou later vanoggend teen Fidji in die bekereindstryd. Dít nadat hulle verlede naweek tiende in Hamilton geëindig het.

In die halfeindstryd het JC Pretorius die bal aan die rol gesit toe hy binne 20 sekondes gaan druk het. Die VSA het egter met twee agtereenvolgende drieë van hul eie geantwoord om met 12 – 5 voor te loop.

Selvyn Davids het sy eie skoppie uitstekend opgevolg om die telling weer gelykop teen rustyd te maak.

In die tweede helfte het Gans die laaste drie van die kragmeting gedruk en hoewel die Amerikaners hul bes probeer het, het die Blitsbokke se verdeding gehou.

Zain Davids – wat reeds ’n klomp drieë in die toernooi gedruk het – het ook op die verdediging uitgeblink en het ’n belangrike strafskop in die doodsnikke van die wedstryd gewen.

  • Die eindstryd word om 11:56 gespeel en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.
  • Blitsbokke se uitslae:

52 – 14 teen Argentinië

24 – 12 teen Frankryk

36 – 0 teen Samoa

19 – 12 teen die VSA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.