Blitsbokke deur na bekerhalfeindstryd

JC Pretorius in aksie teen Engeland in gisteraand se groepwedstryde. Die Blitsbokke was onoorwonne in hul groep en het met Kenia, Spanje en Engeland klaargespeel. (Foto: Twitter)

Die Blitsbokke se opmars na die Dubai-seweskroon duur voort nadat hulle Argentinië met 12 – 5 in die beker-kwarteindstryd getroef het.

Die Suid-Afrikaanse blitse het al hul punte in die eerste helfte aangeteken, danksy drieë deur Justin Geduld en Rosko Specman.

In die tweede helfte het die Suid-Amerikaners skielik hul asem teruggekry en hulle het aanval ná aanval geloods. Tog het die Blitsbokke se verdediging gehou en ten spyte van die feit dat hulle ’n hele paar strafskoppe afgestaan het, het hul duikslae en steelwerk op die grond uiteindelik die wind heeltemal uit die Argentynse seile gehaal.

Neil Powell se span kom nou later vanmiddag teen Samoa te staan nadat die eilandmanne in ’n opwindende wedstryd met Australië afgereken het.

Die Aussies het rustyd met 14 – 7 voorgeloop, maar drie vinnige drieë later in die kragmeting het gesorg dat Samoa met 19 – 14 gewen het.

  • Hoe laat die halfeindstryde is:

13:00: Engeland teen Nieu-Seeland

13:22: Suid-Afrika teen Samoa

  • Uitslae van die beker-kwarteindstryde:

Engeland 19 – 12 Frankryk

Nieu-Seeland 26 – 5 VSA

Suid-Afrika 12 – 5 Argentinië

Samoa 19 – 14 Australië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.