Blitsbokke deur na sewende halfeind

Die Blitsbokke het dit sewe uit sewe halfeindstryde gemaak toe hulle Nieu-Seeland in die kwarteind van Wêreldrugby se sewesreeks in Hongkong 21-19 geklop het.

Suid-Afrika het in al ses vorige toernooie in die eindstryd gespeel en vier keer met die titel weggestap. Nou is hulle ʼn enkele wedstryd weg van nóg ʼn eindstryd.

Sondagoggend het hulle die All Blacks vasgevat, nadat hulle rustyd met 7-12 agter was. Chris Dry het hierdie eerste drie gedruk wat deur Branco du Preez verdoel is.

Kort na die hervatting het Cecil Afrika gaan druk en was hulle na Du Preez se doelskop met 14-12 voor. Sowat drie minute voor die einde het Werner Kok gaan druk en Afrika het verdoel, 21-12

Maar dit was nie heeltemal verby nie. Die All Blacks het kort voor die einde gaan druk, maar die doelskop om ekstra tyd te noodsaak was mis.

♦  Suid-Afrika speel in die halfeind teen die VSA wat verrassend maklik teen Engeland gewen het. Laasgenoemde is die enigste ander span benewens Suid-Afrika wat tot dusver in die reeks gewen het..

Die Amerikaners het 27-7 gewen.

♦  In die ander halfeind speel Fidji teen Australië. Fidji het vir Kanada met 29-12 geklop en Argentinië het met 12-21 teen Australië vasgeval.

Halfeind se afskoptye –

09:31 – Fidji vs Australië
09:53 – SA vs VSA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.