Blitsbokke: Einde van die Las Vegas-pad

JC Pretorius in aksie. (Argieffoto: Facebook)

Die treurmare van die Blitsbokke in vanjaar se Sewesreeks het Sondag voortgeduur toe hulle met 29-12 deur Amerika in die kwarteindronde van die Las Vegas-toernooi uitgeskakel is nadat hulle kort ná rustyd reeds met 0-29 agter was.

Die Blitsbokke, wat die toernooi in 2011, 2013, 2014 en 2017 gewen het, kon nie hul heldedade voortsit nie.

Nadat hulle Saterdag in hul eerste wedstryd Japan met 26-0 afgeransel het, het hulle een van hul swakste vertonings nog gelewer toe hulle met 5-elk teen die onbesonge Chili gelykop gespeel het.

Maar in hul laaste groepwedstryd was daar ʼn tydelike opflikkering toe hulle Engeland met 29-12 afgeransel het.

In die ander halfeindkragmetings speel Nieu-Seeland, wat Fidji met 19-14 in hul kwarteindronde uitgeskakel het, teen die VSA, terwyl Argentinië, wat Engeland met 26-21 in bykomende speeltyd getroef het, teen Samoa te staan kom. Die Samoane het Australië met 21-20 uitgeskakel.

Rosko Specman (Argieffoto: Facebook)

Die pad vorentoe lyk maar bra donker vir die Blitsbokke, veral omdat hul beste spelers, soos Kwagga Smith, Rosko Specman, Ruhan Nel en Seabelo Senatla, eerder besluit het om 15-manrugby te speel.

Dan het veterane soos Cecil Afrika en Frankie Horne uitgetree en Kyle Brown nader ook die einde van sy loopbaan.

Die Blitsbokke (57 punte) was voor die Las Vegas-toernooi vierde op die algehele puntelys met Nieu-Seeland en die VSA (albei 76) wat die pas aangee met Fidji (72) wat derde is.

Nou gaan die Blitsbokke nog verder agterraak, hoewel Fidji en Engeland ewe swak toernooie beleef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henk ·

Nou maar wat het dan nou van die magtige voedingsbron daar op Stellenbosch tussen die boytjies onder Schoeman geword? Of klou ons nie dalk nou al vir te lank aan die pensioenarisse in die span nie? Die game is dalk net te vinnig vir party van hulle.

Lol ·

@Henk: korrek, ek dink die akademie verwar hul voedingsbron rol met die “Future Life” wat hulle eet.

Jepetto ·

Toemaar Blits Bokkies What happen in Vegas stays in Vegas julle gaan sekker weer gekruisig word hou koppe hoog dit sal weer better gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.